YouVersion Logo
Search Icon

Hooglied 8

8
1“Ek wens jy was my broer,
ek wens jy het ook aan my ma se bors gedrink.
As ek jou dan buite in die straat gekry het,
dan sou ek jou gesoen het,
en niemand sou gedink het dit is verkeerd nie.
2Ek sou jou na my ma se huis gebring het,
en jy sou vir my geleer het van die liefde.
Ek sou jou laat drink het van my kruiewyn,
van my granaatsap.
3Sy linker-arm is onder my kop,
sy regter-arm is om my lyf.
4Vroue van Jerusalem, julle moet vir my belowe
dat julle ons nie sal wakker maak en nie sal pla nie.
Hoekom wil julle ons wakker maak?
Ons is lief vir mekaar en ons sal self besluit
wat om te doen.”
5Die vroue sê: “Wie is hierdie vrou
wat uit die woestyn kom
en wat vashou aan die arm van die man
vir wie sy lief is?”
Die liefde is so sterk soos die dood
Sy sê: “Ek het jou wakker gemaak
onder die appelboom,
daar is jy gebore, daar het jou ma die pyn gevoel,
en daar is jy gebore.
6Jy moet my soos 'n seëlring teen jou bors druk,
soos 'n seëlring om jou arm,
want die liefde is so sterk soos die dood,
dit is so sterk soos die doderyk,
dit is 'n vuur wat warm brand.
7Baie water kan nie die liefde laat ophou nie,
riviere kan dit nie wegspoel nie.
'n Mens kan nie liefde koop nie.
As iemand alles wat hy in sy huis het,
wil gee om liefde te koop,
dan sal mense dink hy is baie dom,
hulle sal vir hom lag.”
Wat kan ons doen vir ons suster?
8Die broers sê: “Ons suster is nog klein,
sy het nog nie groot borste nie.
Wat kan ons doen vir ons suster
wanneer 'n man haar eendag wil hê?
9As sy 'n muur was,
dan kon ons 'n toring van silwer
op haar gebou het,
as sy 'n deur was,
dan kon ons haar toegemaak het
met seder-planke.”
10Sy sê: “Ek ís 'n muur,
en my borste is soos torings,
ek maak die man vir wie ek lief is, gelukkig,
en daarom word ek vir hom soos iemand
wat hy oorwin het.”
Ek pas self my wingerd op
11Hy sê: “Salomo het 'n wingerd gehad
in Baäl-Hamon,
en hy het sy wingerd vir mense gegee,
hulle moes dit oppas.
Elkeen moes 1 000 stukke silwer betaal
vir die druiwe.
12Ek pas self my wingerd op.
Salomo, jy kan jou 1 000 stukke silwer hou,
en ook die 200 stukke silwer
wat die mense moet kry wat die druiwe oppas.”
Man vir wie ek lief is, jy moet gou maak
13Hy sê: “Jy wat in die tuin woon,
jou vriende wag om te hoor wat jy sê.
Ek wil hoor wat jy vir my sê.”
14Sy sê: “Man vir wie ek lief is, jy moet gou maak.
Jy moet hardloop soos 'n gasel
of soos 'n jong takbok op die Balsem-berge.”

Currently Selected:

Hooglied 8: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy