YouVersion Logo
Search Icon

Hooglied 7

7
Jy het baie dinge wat ek kan geniet
1Hy sê: “Prinses, jou twee voete is baie mooi
in jou sandale,
jou heupe lyk soos juwele
wat 'n ambagsman gemaak het.
2Jou naeltjie is soos 'n ronde bak, vol kruiewyn,
jou lyf is soos 'n hoop koring
met blomme rondom.
3Jou twee borste is soos twee jong takbokkies,
soos die tweeling-lammers van 'n gasel.
4Jou nek is soos 'n toring van ivoor,
jou oë is soos die damme by die stad Gesbon,
soos die damme by die poort van Bat-Rabbim,
jou neus is soos die toring op die Libanon-berg
wat na die stad Damaskus kyk.
5Jou kop is soos die Karmel-berg,
jou hare is soos die klere wat konings dra,
die koning hou aan om daarna te kyk.
6My liefste, jy is baie mooi, baie pragtig.
Jy het baie dinge wat ek kan geniet.
7Jy staan so regop soos 'n palmboom,
en jou borste is soos trosse dadels.
8Ek het gedink ek wil opklim teen die palmboom,
ek wil sy trosse dadels pluk.
Jou borste moet vir my wees soos trosse druiwe,
jou neus moet ruik soos appels,
9jou mond moet smaak soos goeie wyn.”
Sy sê: “Dit is soos wyn wat vloei na die man
vir wie ek lief is,
wyn wat saggies vloei oor die lippe
van mense wat slaap!
10Ek behoort aan die man vir wie ek lief is,
en hy verlang na my.”
Kom ons gaan uit die stad
11Sy sê: “Kom, man vir wie ek lief is,
kom ons gaan uit die stad,
kom ons gaan slaap in die dorpies.
12Kom ons gaan vroeg na die wingerde,
kom ons gaan kyk of die wingerdstokke
nuwe blare kry,
kom ons gaan kyk of die blomme oopgegaan het
en of die granaatbome blom.
Daar sal ek vir jou wys hoe lief ek vir jou is.”
Ek wens jy was my broer
13Sy sê: “Die liefdes-appels ruik baie lekker,
daar is baie lekker vrugte voor ons deur,
nuwe en ou vrugte.
Man vir wie ek lief is, ek het dit vir jou gebêre.

Currently Selected:

Hooglied 7: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy