YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 74

74
Wil U altyd kwaad bly vir ons?
1'n Lied van Asaf.
O God, hoekom het U ons weggegooi?
Wil U altyd kwaad bly vir ons,
vir ons wat u eie volk is?
2U moenie die mense vergeet
wat bymekaarkom om U te dien nie,
die mense wat U lank gelede vir U geneem het.
U het hulle vrygemaak om die volk te wees
wat aan U behoort.
U moenie die Sionsberg vergeet nie,
die plek waar U woon.
3U moet kom kyk na die hope klippe
wat so lank hier lê.
Die vyande het alles in die tempel verwoes.
4U vyande het soos leeus gebrul
binne-in die plek waar U
aan die volk verskyn het
wat aan U behoort.
Hulle het hulle vlae daar kom neersit
om te wys dat hulle gewen het.
5Dit het gelyk soos wanneer mense
bosse afkap met byle,
6hulle het die mooi houtwerk in die tempel
stukkend geslaan met byle en ysters.
7Hulle het u tempel afgebrand,
hulle het die plek waar U self gewoon het,
afgebreek tot op die grond en hulle het dit ontwy.
8Hulle wou ons heeltemal breek,
hulle het elke plek in die land afgebreek
waar God aan mense verskyn het.
9U het altyd vir ons gesê wat U wil doen,
maar U sê dit nie meer vir ons nie.
Daar was profete, maar nou is daar nie een nie,
daar is niemand by ons wat weet
hoe lank dit nog so sal aanhou nie.
10O God, hoe lank sal die vyande nog aanhou spot?
Hoe lank sal hulle nog aanhou om u Naam te laster?
Vir altyd?
11Hoekom steek U nie u hand uit
en help ons nie?
Hoekom maak U nie die vyande dood nie?
12God is my Koning van lank gelede af,
dit is Hý wat mense op die aarde red.
13O God, dit is U wat sterk is,
U het die see in twee gebreek.
U het die koppe van die watermonsters
in die water stukkend geslaan.
14Dit is U wat die koppe van die watermonster Leviatan
stukkend getrap het
en wat hom vir die haaie gegee het
om op te vreet.
15Dit is U wat fonteine en riviere laat vloei het,
dit is U wat riviere laat droog word het
waar daar altyd water was.
16Die dag en ook die nag behoort aan U.
Dit is U wat die son en die maan
op hulle plekke gesit het.
17Dit is U wat gesê het
waar die grense van die land moet wees.
U het die somer en die winter gemaak.
18Here, U moenie vergeet
hoe die vyande U beledig het nie,
hulle is dwase mense en hulle sê
u Naam is nie belangrik nie.
19U moenie dat hierdie mense
aanhou wen teen u volk nie,
hierdie mense wat soos wilde diere is.
U moenie u volk wat swak is,
vir altyd vergeet nie,
u volk wat homself nie kan help nie.
20U moet onthou dat U 'n verbond
met ons gemaak het,
want in elke donker plek in die land
maak hulle die mense seer wat aan U behoort.
21U moenie die mense laat verloor
wat hulleself nie kan beskerm nie.
Die mense wat hulleself nie kan help nie
en wat niks het nie, wil u Naam prys.
22O God, U moet kom help,
U moet Uself verdedig,
want dwase mense hou aan
om U te beskuldig en te beledig.
23U moenie vergeet wat u vyande gesê het nie,
U moenie vergeet hoe die mense wat teen U opstandig is,
aangehou skree en raas het nie.

Currently Selected:

Psalms 74: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy