YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 4

4
U kan my veilig laat slaap, net U kan dit doen
1Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. 'n Psalm van Dawid.
2O God, U weet ek is onskuldig,
U moet my antwoord en my help wanneer ek roep.
U het my gered toe dit sleg gegaan het met my.
Nou moet U goed wees vir my en luister na wat ek bid.
3Mense, hoe lank wil julle aanhou om my te verneder?
Hoe lank wil julle my vals beskuldig en lieg oor my?
Sela
4Julle moet weet, die Here het 'n wonderwerk gedoen
vir my wat in Hom glo.
Die Here sal nou ook hoor wanneer ek roep
en vra dat Hy my moet help.
5Julle moenie sonde doen
wanneer julle kwaad en ontsteld is nie.
Wanneer julle gaan slaap
en julle dink oor die dinge wat vir julle kwaad gemaak het,
dan moet julle nie daaroor praat nie.
Sela
6Julle moet die regte offers bring
en julle moet glo dat die Here julle sal help.
7Daar is baie mense wat vra:
“Wie sal dit goed laat gaan met ons?”
Here, U moet weer goed wees vir ons.
8U het my bly gemaak,
blyer as mense wat baie koring en wyn het.
9Here, ek is nie bekommerd
wanneer ek gaan lê en aan die slaap raak nie,
want U kan my veilig laat slaap, net U kan dit doen.

Currently Selected:

Psalms 4: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy