YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 5

5
U moet my lei en vir my leer wat reg is
1Vir die leier van die koor: Met fluitmusiek. 'n Psalm van Dawid.
2Here, U moet luister na wat ek sê,
U moet hoor hoe ek kla en sug.
3My Koning en my God,
U moet hoor wanneer ek vra dat U my moet help,
want dit is tot U wat ek bid.
4Here, wanneer ek in die oggend bid,
dan sal U hoor.
Ek kom staan voor U in die oggend
en ek wag dat U my moet help,
5want U is 'n God
wat nie hou van verkeerde dinge nie.
Slegte dinge gebeur nie by U nie.
6Hoogmoedige mense kan nie naby U kom nie,
U haat almal wat slegte dinge doen.
7U laat die mense sterf wat leuens vertel,
U haat mense wat ander mense
vermoor of bedrieg.
8Maar ek mag in u tempel kom,
want U is baie genadig.
Ek sal by u gewyde tempel laag voor U buig
om U te eer.
9Here, ek het vyande.
Daarom vra ek dat U my moet lei
en vir my moet leer wat reg is,
U moet vir my wys hoe ek moet lewe.
10Ek vra dit, want hierdie mense
praat nie die waarheid nie.
Hulle dink net oor hoe hulle my kan laat sterf,
hulle sê verkeerde dinge oor my,
hulle wil my in my graf bring.
En wanneer hulle mooi dinge sê,
dan is hulle vals.
11O God, U moet hulle straf.
Die planne wat hulle maak, moet hulle self laat sterf.
U moet hulle wegjaag na al die kante toe,
want hulle doen baie sonde,
hulle is opstandig teen U.
12Maar U moet die mense bly maak,
die mense wat vra dat U hulle moet beskerm,
U moet hulle altyd laat juig en U moet hulle beskerm.
U moet die mense vrolik laat wees,
die mense wat lief is vir u Naam.
13Ja, Here, U seën mense wat reg lewe,
U is goed, U beskerm hulle soos 'n skild.

Currently Selected:

Psalms 5: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy