YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 115

115
Ons sal die Here prys
1Here, U moenie sê
dat mense ons moet respekteer nie,
U moenie dit sê nie.
U moet sê
dat die mense ú Naam moet respekteer,
want U doen wat U belowe het
en U bly dieselfde.
2Die volke vra:
“Waar is hulle God?”
Hoekom vra hulle dit?
3Ons God is in die hemel,
en Hy doen alles wat Hy wil doen.
4Die volke se afgode is van silwer of goud,
mense het die afgode gemaak.
5Hulle het monde, maar hulle kan nie praat nie,
hulle het oë, maar hulle kan nie sien nie,
6hulle het ore, maar hulle kan nie hoor nie,
hulle het neuse, maar hulle kan nie ruik nie,
7hulle het hande, maar hulle kan nie voel nie,
hulle het voete, maar hulle kan nie loop nie.
Daar kom niks uit hulle keel wat 'n mens kan hoor nie.
8Die mense wat die afgode gemaak het,
is soos die afgode,
en almal wat op die afgode vertrou,
is ook soos hulle.
9Die Israeliete moet op die Here vertrou,
Hy help hulle en Hy beskerm hulle.
10Die nageslag van Aäron moet op die Here vertrou,
Hy help hulle en Hy beskerm hulle.
11Die mense wat die Here dien, moet op Hom vertrou,
Hy help hulle en Hy beskerm hulle.
12Die Here het ons onthou, Hy sal ons seën,
Hy sal die volk Israel seën,
Hy sal die nageslag van Aäron seën,
13Hy sal die mense seën wat Hom dien,
die mense wat belangrik is en die mense wat nie belangrik is nie.
14Ek bid dat die Here julle meer sal laat word,
julle en julle kinders.
15Ek bid dat die Here julle sal seën,
Hy wat die hemel en die aarde gemaak het.
16Die hemel is die Here se hemel,
maar Hy het die aarde vir die mense gegee.
17Mense wat dood is,
mense wat in die grafte is waar dit stil is,
hulle prys nie die Here nie.
18Maar ons?
Ons sal die Here prys,
nou en altyd.
Julle moet die Here prys!

Currently Selected:

Psalms 115: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy