YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 108

108
U moet vir almal wys dat U die Groot Koning is
(Ps 108:1-6; ook Ps 57:8-12)
1'n Lied. 'n Psalm. Van Dawid.
2O God, ek wil iets doen,
ek wil sing en musiek maak,
ek self wil dit doen.
3Ek wil my harp en my lier neem,
ek wil sing voordat die son opkom.
4Ek wil hê al die volke moet hoor
wanneer ek vir U dankie sê en vir U sing.
5Want U doen wat U belowe,
op die aarde en in die hemel,
U bly dieselfde, ook tot by die wolke.
6O God, U moet vir almal wys
dat U die Groot Koning is
van die hemel en van die hele aarde.
7 U moet nou u hand optel en ons red,
U moet doen wat ek vra,
sodat ons, die mense vir wie U lief is,
vry kan word.
8God het in sy tempel gesê:
“Ek het die vyande oorwin en Ek sal juig
wanneer Ek die grond van die stad Sigem verdeel
en wanneer Ek die Sukkot-vallei meet
en vir mense gee.
9Die land Gilead is my land,
die land Manasse is ook Myne.
Die land Efraim is vir My soos die helm
op die kop van 'n soldaat.
Die land Juda is vir My soos die septer
in die hand van 'n koning.
10Die land Moab is vir My soos 'n skottel
waarin iemand sy voete was.
Ek neem die land Edom vir My.
Ek skree omdat Ek die oorlog gewen het
in die land van die Filistyne.”
11Wie sal my bring na 'n stad wat sterk mure het?
Wie sal my na Edom lei?
12O God, U het ons weggestoot,
U gaan nie saam met ons soldate
wanneer hulle oorlog gaan maak nie.
13U moet ons kom help teen die vyande,
want ménse kan ons nie help nie.
14Wanneer God by ons is, dan sal ons sterk wees,
Hy self sal ons vyande plat trap.

Currently Selected:

Psalms 108: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy