YouVersion Logo
Search Icon

Genesis 11

11
Die toring van Babel
1Al die mense op die aarde het dieselfde taal gepraat en dieselfde woorde gebruik. 2Die mense het van die ooste getrek en by 'n vallei in die land Babel gekom. Hulle het daar gaan woon. 3Hulle het vir mekaar gesê: “Kom ons maak bakstene.”
Hulle het toe die stene gebruik om huise te bou. Hulle het stene gebruik, nie klippe nie, en hulle het teer gebruik, nie klei nie.
4Hulle sê toe: “Kom ons bou vir ons 'n stad en 'n baie hoë toring. Die punt van die toring moet aan die hemel raak. Dan sal al die mense weet van ons. Kom ons doen dit, dan sal ons nie oral op die aarde moet gaan woon nie.”
5Die Here het afgekom om te kom kyk na die stad en die toring wat die mense bou. 6Die Here sê toe: “Kyk, hierdie mense is nou een volk en hulle praat almal dieselfde taal. En hulle het nou net begin. Hierna sal hulle alles regkry wat hulle wil doen. 7Kom Ons gaan af daarnatoe en maak hulle taal deurmekaar, sodat hulle mekaar nie kan verstaan nie.”
8Die Here het die mense oral op die aarde laat woon, van die stad af en verder. Hulle het opgehou om die stad te bou. 9Daarom het hulle die stad Babel genoem, want daar het die Here die mense se taal deurmekaar gemaak en van daardie plek het Hy die mense laat gaan om oral op die aarde te woon.
Sem se nageslag
(Kyk ook 1 Kron 1:24-27)
10Hier is die lys van Sem se nageslag. Sem was 100 jaar oud toe hy pa geword het van Arpaksad. Dit was twee jaar ná die watervloed.
11Nadat Arpaksad gebore is, het Sem nog 500 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
12Toe Arpaksad 35 jaar oud was, het hy pa geword van Selag. 13Daarna het Arpaksad nog 403 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
14Toe Selag 30 jaar oud was, het hy pa geword van Heber. 15Daarna het Selag nog 403 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
16Toe Heber 34 jaar oud was, het hy pa geword van Peleg. 17Daarna het Heber nog 430 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
18Toe Peleg 30 jaar oud was, het hy pa geword van Reü. 19Daarna het Peleg nog 209 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
20Toe Reü 32 jaar oud was, het hy pa geword van Serug. 21Daarna het Reü nog 207 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
22Toe Serug 30 jaar oud was, het hy pa geword van Nahor. 23Daarna het Serug nog 200 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
24Toe Nahor 29 jaar oud was, het hy pa geword van Tera. 25Daarna het Nahor nog 119 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
26Toe Tera 70 jaar oud was, was hy die pa van Abram, Nahor en Haran.
Tera se nageslag
27Hier is die verhaal van Tera.
Tera was die pa van Abram, Nahor en Haran. Haran was die pa van Lot.
28Haran het gesterf in die land waar hy gebore is, in Ur in die land van die Galdeërs. Sy pa Tera het toe nog gelewe.
29Abram en Nahor het altwee getrou. Abram se vrou was Sarai, en Nahor se vrou was Milka. Milka was Haran se dogter. Haran se ander dogter was Jiska. 30Sarai het nie 'n kind gehad nie, sy kon nie kinders kry nie.
31Tera het uit Ur in Galdeër-land weggegaan na die land Kanaän. Hy het sy seun Abram, sy kleinseun Lot en sy skoondogter Sarai saamgeneem met hom. Lot was Haran se seun, en Sarai was Abram se vrou. Hulle het tot by Haran getrek en daar gaan woon.
32Tera het gesterf in Haran. Hy was toe 205 jaar oud.

Currently Selected:

Genesis 11: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy