YouVersion Logo
Search Icon

Sagaria 4

4
Die lampstaander en die twee olyfbome
1Die engel wat vir my moes sê wat alles beteken, het teruggekom en hy het my wakker gemaak. Hy het my wakker gemaak soos 'n mens iemand wakker maak wat geslaap het. 2Die engel het vir my gevra: “Sagaria, wat sien jy?”
En ek het gesê: “Ek sien daar is 'n goue lampstaander. Bo-op die lampstaander is 'n bak en daar is olyf-olie in die bak. Daar is sewe lampe. Die olyf-olie vloei in sewe pypies na die lampe. 3Daar is ook twee olyfbome by die lampstaander, een boom regs en een boom links van die lampstaander.”
4Ek het toe vir die engel gevra: “Meneer, wat beteken dit?”
5En die engel het vir my gevra: “Weet jy nie wat dit beteken nie?”
Ek het gesê: “Nee, Meneer.”
6Die engel het vir my gesê: “Sê vir Serubbabel die Here het gesê: Jy moet doen wat Ek vir jou sê om te doen. Maar jy sal dit nie doen omdat jy sterk is nie, jy sal dit doen omdat my Gees by jou is. 7Jy sal die groot berg voor jou plat maak en jy sal die tempel bou. En wanneer jy die laaste klip op sy plek sit, dan sal die mense hard sê: ‘Die Here is goed vir ons in Jerusalem.’ ”
8Die Here het vir my gesê: 9“Serubbabel se hande het hierdie tempel begin bou, en sy hande sal dit klaarmaak.”
Daardie dag wanneer die tempel klaar is, sal julle weet dat dit die Here is wat my na julle toe gestuur het, die Here wat oor alles regeer. 10Julle moenie dink dit is nie belangrik dat Serubbabel begin het om die tempel te bou nie. Almal sal bly wees wanneer hulle sien hy begin die tempel bou.
Daardie sewe oë in die klip voor Jesua is die oë van die Here wat oor die hele aarde kyk.
11Ek, Sagaria, het weer vir die engel gevra: “Wat beteken die twee olyfbome wat links en regs van die lampstaander is?”
12Ek het ook vir hom gevra: “Wat beteken die olyftakkies? Hulle is vas aan die twee goue pypies waaruit die olyf-olie vloei.”
13Die engel het vir my gevra: “Weet jy nie wat dit beteken nie?”
Ek het gesê: “Nee, Meneer.”
14En toe sê die engel: “Dit is die twee manne, die Here het hulle met olyf-olie gesalf, en hulle werk vir die Here, die Here van die hele aarde.”

Currently Selected:

Sagaria 4: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy