YouVersion Logo
Search Icon

Sagaria 2

2
Jerusalem sal nie mure hê nie
1Die Here het weer vir my iets gewys. Ek het 'n man gesien, en in sy hand was 'n tou om die stad Jerusalem te meet. 2Ek het vir hom gevra: “Waarnatoe gaan jy?”
En hy het vir my gesê: “Ek gaan Jerusalem meet, ek wil sien hoe lank en hoe breed die stad is.”
3Die engel wat vir my moes sê wat alles beteken, het weggegaan. Maar 'n ander engel het na hom toe gegaan en vir hom gesê: 4“Hardloop terug en gaan sê vir daardie jongman, Sagaria: Jerusalem sal nie mure hê nie, want daar sal te veel mense en diere in die stad wees. 5Maar die Here sal self die stad beskerm. Hy sal 'n muur van vuur wees rondom die stad, en 'n lig binne-in die stad.”
Die Here sal weer sê Jerusalem is sy stad
6Die Here sê vir die mense van Jerusalem: “Kom, julle moet vlug uit daardie land in die noorde. Ek het voorheen die vyande gestuur om julle weg te vat na baie lande. 7Julle wat nou in die land Babel woon, julle moet daar uitkom en weggaan.”
8Dit is wat die Here sê, Hy wat oor alles regeer. Hy is die lig en Hy het my gestuur na die volke toe wat vir julle gevang en weggevat het. As iemand teen julle oorlog maak, dan maak hy oorlog teen die Here se eie mense. Die Here is baie lief vir hulle.
9Die Here sê: “Ek sal nou die mense van Babel straf. Hulle eie slawe sal hulle nou vang en wegvat.”
Julle sal weet dat die Here my gestuur het om dit te sê, die Here wat oor alles regeer.
10Die Here sê: “Mense van Jerusalem, julle moet juig en bly wees, want Ek kom nou, en Ek sal tussen julle woon. 11Daardie dag sal mense van baie volke na My toe kom. Hulle sal ook my volk wees, en Ek sal in Jerusalem woon.”
Julle sal weet dat die Here my gestuur het om dit te sê, die Here wat oor alles regeer. 12Die mense van Juda behoort aan die Here, en hulle sal weer sy volk wees in die gewyde land. Die Here sal weer sê Jerusalem is sy stad.
13Al die mense moet stil wees voor die Here, want Hy kom uit sy gewyde woonplek.

Currently Selected:

Sagaria 2: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy