YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 95

95
Kom ons sing vir die Here
1Kom, kom ons sing vir die Here,
kom ons juig vir die Rots wat ons altyd red.
2Kom ons gaan na Hom toe
en sê vir Hom dankie,
kom ons sing en juig vir Hom.
3Want die Here is 'n groot God,
Hy is die Groot Koning oor al die gode.
4Hy regeer oor die diep plekke onder die aarde,
en die hoogste plekke op die berge is Syne.
5Die see is Syne, Hy het dit gemaak,
en die land het Hy met sy eie hand gemaak.
6Kom, kom ons gaan lê voor Hom,
kom ons buig, kom ons kniel
voor die Here, Hy wat ons gemaak het.
7Want Hy is ons God,
ons is sy volk, Hy is ons Herder.
Ons is die skape en die bokke vir wie Hy sorg.
Julle moet vandag na Hom luister.
8Hy sê: “Julle moenie hardkoppig wees
soos by Meriba nie,
daardie dag by Massa in die woestyn
9waar julle voorvaders My getoets het.
Hulle het gesien wat Ek gedoen het
maar hulle wou kyk of Ek hulle sal straf.
10Veertig jaar lank het Ek
niks van daardie geslag gehou nie.
Ek het gesê: Hulle is mense
wat nie weet wat hulle doen nie,
hulle wil nie lewe soos Ek wil hê nie.
11Ek was kwaad en Ek het gesê:
So seker soos Ek lewe,
hulle sal nie kom in die land
waar Ek hulle rustig wou laat woon nie.”

Currently Selected:

Psalms 95: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy