YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 44

44
U moenie vir ons weggooi vir altyd nie
1Vir die leier van die koor: Van die Korag-groep. 'n Lied.
2O God, ons het dit self gehoor,
ons voorvaders het dit vir ons vertel.
U het iets gedoen toe hulle gelewe het,
lank gelede.
3U het self volke weggejaag
en vir u volk 'n woonplek gegee.
U het die ander volke laat swaarkry
en U het dit goed laat gaan met u volk.
4Ja, hulle het die land gevat,
maar nie omdat hulle goed oorlog kon maak nie,
hulle het gewen,
maar nie omdat hulle self sterk was nie.
Nee, dit was Ú wat sterk was
en wat by hulle was,
omdat U lief was vir hulle.
5O God, dit is U wat my Koning is.
Wanneer U dit sê, dan sal Jakob wen.
6As U by ons is,
dan sal ons die mense oorwin wat teen ons is.
As U ons stuur,
dan sal ons die mense plat trap
wat oorlog wil maak teen ons.
7Ja, ek weet, my pyl en boog of my swaard
wen nie 'n oorlog vir my nie.
8Want U het ons gered van ons vyande,
U het die mense wat vir ons haat, laat verloor.
9Ons het aangehou praat
oor wat God gedoen het
en ons sal u Naam altyd prys.
Sela
10En toe stoot U ons weg en U verneder ons,
U gaan nie saam wanneer ons
oorlog gaan maak nie.
11U laat ons omdraai en wegvlug van die vyande,
en die mense wat vir ons haat,
vat ons goed.
12U laat ons sterf soos slagskape,
U jaag ons na al die kante toe, na ander lande.
13U verkoop u volk vir niks,
U wou nie baie geld vir hulle hê nie.
14U laat ons bure vir ons verneder,
U laat die mense rondom ons vir ons lag en spot.
15U laat die ander volke ons name gebruik
wanneer hulle slegte dinge oor mense wil sê,
ja, hulle skud hulle koppe oor ons.
16Ek weet nie waar ek moet wegkruip nie,
ek hou nie op om skaam te wees nie
17wanneer ek hoor hoe praat die mense
wat spot en slegte dinge oor my sê,
en wanneer ek die vyande
en die mense sien wat my wil laat swaarkry.
18Dit alles het met ons gebeur.
Maar ons het U nie vergeet nie
en ons was nie vals teen u verbond nie.
19Ons was nie ongehoorsaam nie,
ons het gelewe soos U gesê het.
20Maar U het ons woonplek stukkend geslaan,
en U het dit 'n plek gemaak waar jakkalse woon,
U het dit baie donker rondom ons gemaak.
21Ons het nie die Naam van ons God vergeet nie,
ons het nie ons hande opgelig
en tot 'n ander god gebid nie.
22As ons dit gedoen het,
dan sou God dit geweet het,
want Hy ken die geheime van ons hart.
23Ja, omdat ons aan U behoort,
daarom hou mense aan om ons dood te maak.
Hulle maak of ons slagskape is.
24Here, U moet iets doen, hoekom slaap U?
U moet wakker word,
U moenie vir ons weggooi vir altyd nie.
25Hoekom kyk U weg?
Hoekom maak U of U nie weet
dat ons swaarkry
en dat mense ons verdruk nie?
26Ja, ons lê op die grond,
ons kan nie opstaan nie.
27U moet kom en U moet ons help,
U moet u verbond met ons onthou,
U moet ons red.

Currently Selected:

Psalms 44: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy