YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 41

41
U sal my vyande nie laat juig nie
1Vir die leier van die koor: 'n Psalm van Dawid.
2Dit gaan goed met die persoon
wat bekommerd is oor 'n arm mens.
Die Here sal so 'n persoon red
wanneer dit sleg gaan met hom.
3Die Here sal hom beskerm
en hom laat aanhou lewe,
die Here sal hom 'n gelukkige mens maak
in hierdie land.
U sal hom nie vir sy vyande gee
sodat hulle met hom kan doen wat hulle wil nie.
4Die Here sal hom help wanneer hy siek is
en Hy sal hom weer gesond laat word.
5Ekself het gesê: Here, U moet genadig wees vir my,
ek het sonde gedoen teen U,
maar U moet my gesond maak.
6My vyande sê dat dit sleg sal gaan met my.
Hulle vra: “Wanneer sterf hy,
wanneer verdwyn sy naam?”
7En wanneer iemand kom kyk hoe dit gaan,
dan sê hy mooi dinge, maar hy hoop
dat dit nie gebeur nie.
Hy kom kyk hoe sleg dit met my gaan
en hy gaan vertel dit daar buite.
8Al die mense wat my haat,
staan en fluister oor my,
hulle hoop dat dit baie sleg sal gaan met my.
9Hulle sê: “Hierdie siekte sal hom laat sterf,
hy sal nie weer opstaan van sy bed nie.”
10Ek het gedink 'n goeie vriend sal my help,
hy het altyd saam met my geëet,
maar hy het my verraai.
11En U, Here?
U moet genadig wees vir my
en U moet my laat opstaan,
sodat ek aan hulle kan doen
wat hulle aan my gedoen het.
12Ek weet U is lief vir my,
want U sal my vyande nie laat juig
omdat hulle dink hulle het gewen nie.
13En ek?
Ek is onskuldig,
daarom help U my en hou U my regop,
U laat my voor U staan vir altyd.
14Almal moet die Here,
die God van Israel, prys.
Hulle moes dit altyd doen,
en hulle moet dit altyd aanhou doen.
So was dit en so moet dit wees.

Currently Selected:

Psalms 41: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy