YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 24

24
Wie mag opklim teen die berg van die Here
1'n Psalm van Dawid.
Die aarde en alles op die aarde,
die wêreld en al die mense in die wêreld,
almal behoort aan die Here,
2want Hy het die aarde bo-op die water gesit,
Hy het die aarde vas laat staan bo-op die diep water.
3Wie mag opklim teen die berg van die Here?
Wie mag gaan staan in sy gewyde plek?
4Dit is die mens wat nie verkeerde dinge doen of dink nie,
die mens wat nie afgode dien nie
en wat nie vals is wanneer hy dinge belowe nie.
5Die Here sal dit goed laat gaan met so 'n mens,
God, sy Redder, sal sê so 'n mens is nie skuldig nie.
6So sal dit gaan met die mense wat vra wat die Here wil hê,
die mense wat naby Hom wil wees, die nageslag van Jakob.
7 Poorte, julle moet wyd oopgaan,
deure wat baie oud is, julle moet wyd oopgaan,
want die Koning van die konings wil ingaan.
8Wie is hierdie Koning van die konings?
Dit is die Here wat sterk is en wat oorwin,
die Here wat oorwin in oorlog.
9Poorte, julle moet wyd oopgaan,
deure wat baie oud is, julle moet wyd oopgaan,
want die Koning van die konings wil ingaan.
10Wie is hierdie Koning van die konings?
Die Here wat oor alles regeer,
Hy is die Koning van die konings.
Sela

Currently Selected:

Psalms 24: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy