YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 113

113
Almal moet die Naam van die Here prys
1Julle moet die Here prys!
Dienaars van die Here, julle moet Hom prys,
julle moet die Naam van die Here prys.
2Almal moet die Naam van die Here prys,
nou en altyd.
3Almal moet die Naam van die Here prys,
van waar die son opkom tot waar hy ondergaan.
4Die Here is hoog bo die volke,
Hy is Koning van die hemel.
5Wie is soos ons God die Here?
Hy sit hoog op sy troon,
6en Hy buig af om die hemel en die aarde te sien.
7Die Here tel die mens op uit die stof, die mens wat niks het nie.
Hy laat die arm mens opstaan van die ashoop,
8en Hy laat hom sit by die belangrike mense,
by die belangrike mense van sy volk.
9Wanneer 'n vrou nie kinders het nie,
dan laat die Here haar 'n gelukkige ma word,
en sy het haar eie huisgesin.
Julle moet die Here prys.

Currently Selected:

Psalms 113: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy