YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 104

104
Ons sien u wysheid in alles wat U gemaak het
1Ek wil die Here prys.
My God die Here, U is baie groot.
U is die Koning, en almal rondom U
respekteer U en prys U.
2Daar is lig rondom U.
U het die hemeldak styfgetrek
soos 'n mens 'n tent styftrek.
3U het die balke van u bo-kamers vasgemaak
bo die boonste water.
U ry op die wolke,
U loop op die vlerke van die wind.
4U kies die winde om u boodskappers te wees,
die vuurvlamme is u werkers.
5U het die aarde op sy plek vasgesit,
sodat dit nooit sal skud nie.
6U het die aarde met die groot see toegemaak,
die water het bo-oor die berge gevloei.
7U het hard gepraat, en toe het die water gevlug.
Toe die water u donderweer hoor, het dit weggevloei.
8Die water het oor die berge gespoel,
dit het afgegaan in die valleie na die plek
wat U daarvoor gereedgemaak het.
9U het gewys waar die grens is
en U het gesê die water moenie oor die grens gaan nie,
sodat die water nie weer die aarde sal toemaak nie.
10U het fonteine laat uitkom in die valleie,
sodat die water tussen die berge kan vloei.
11Al die wilde diere kan daar water kom drink,
die wildedonkies kan daar water kom drink
wanneer hulle dors is.
12Die voëls kom maak hulle neste bo die water,
hulle sit en sing tussen die takke.
13U maak die berge nat met water uit u bo-kamers,
die aarde kry meer as genoeg van alles wat U gee.
14U laat die gras groei sodat die beeste kan eet,
en U gee plante wat die mense kan plant
om kos uit die aarde te kry.
15Daar kom wyn om die mens bly te maak,
olyf-olie om sy gesig te laat blink,
en brood om hom sterk te maak.
16Die bome van die Here, die sederbome
wat Hy op die Libanon-berg geplant het,
kry meer as genoeg reën.
17Die voëls maak hulle neste daar,
die ooievaar bou sy nes daar in die sipresbome.
18Die hoë berge is 'n huis vir die klipbokke,
die rotse is veilige plekke vir die dassies.
19U het die maan gemaak
sodat ons sal weet wanneer dit tyd is om fees te vier.
Die son weet self wanneer hy moet ondergaan.
20U maak dit donker en dit word nag,
dan kom al die bosdiere uit.
21Die leeus brul en soek iets om te vang,
hulle vra vir God hulle kos.
22Wanneer die son begin skyn, dan kom hulle terug
en hulle gaan lê in die plekke waar hulle wegkruip.
23Dan gaan die mens na sy werk,
en hy werk tot die aand.
24Here, U het baie dinge gemaak,
ons sien u wysheid in alles wat U gemaak het.
Die aarde is vol van alles wat U gemaak het.
25Daar is die see, dit is groot en wyd,
daar is baie seediere, groot en klein,
hulle swem daar rond.
26Daar seil baie skepe,
en die Leviatan swem daar.
U het hom gemaak, U speel daar met hom.
27Almal wag vir U
om vir hulle kos te gee op die regte tyd.
28U gee die kos, en hulle eet,
U maak u hand oop, en hulle kry meer as genoeg.
29Wanneer U wegkyk, dan word hulle bang,
wanneer U die asem wegneem wat U vir hulle gegee het,
dan sterf hulle en dan word hulle weer stof.
30Die asem wat U gee, laat hulle lewe,
U maak die aarde nuut.
31Ons bid dat die Here altyd Koning sal wees,
en dat Hy altyd bly sal wees
oor alles wat Hy gemaak het.
32Wanneer die Here na die aarde kyk,
dan bewe die aarde,
wanneer Hy aan die berge raak,
dan kom daar rook uit hulle.
33Ek wil vir die Here sing
so lank soos ek lewe,
ek wil vir my God musiek maak
so lank soos ek hier is.
34Ek bid dat die Here sal hou van wat ek dink,
ek is bly dat Ek aan Hom behoort.
35Ek bid dat die sondaars
sal verdwyn van die aarde,
dat die mense wat verkeerd doen,
nie meer daar sal wees nie.
Ek wil die Here prys.
Julle moet die Here prys!

Currently Selected:

Psalms 104: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy