YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke 25

25
Wanneer jy by die koning is
1Die volgende spreuke is ook Salomo-spreuke. Koning Hiskia van Juda se manne het hierdie spreuke bymekaargemaak.
2Mense respekteer en dien vir God,
maar hulle weet nie alles van Hom nie.
Mense respekteer 'n koning
wanneer die koning probeer om alles te weet.
3Niemand weet hoe hoog die hemel is
en hoe diep die aarde is nie,
en niemand weet wat die koning alles dink nie.
4Wanneer jy die vuil stukkies en die skuim
uit gesmelte silwer haal,
dan kan 'n silwersmid iets maak
van die silwer.
5Wanneer jy die mense wat verkeerd doen,
wegvat van die koning,
dan kan die koning regverdig regeer.
6Jy moenie probeer wys jy is belangrik
wanneer jy by die koning is nie,
jy moenie gaan staan
waar die belangrike mense staan nie.
7Want dit is beter as iemand vir jou sê:
“Kom op hiernatoe,”
beter as dat hy vir jou sê jy moet jou plek
vir 'n belangrike persoon gee.
Jy en jou naaste
Wanneer jy by jou naaste iets gesien het
wat verkeerd is,
8dan moet jy dit nie dadelik
in die hof gaan vertel nie.
Wat sal jy doen wanneer jou naaste bewys
dat jy verkeerd is?
9Wanneer jy jou naaste wil beskuldig,
dan moet jy nie vertel wat iemand anders
vir jou gesê het toe julle alleen was nie.
10As jy dit doen, en jou naaste hoor dit,
dan kan hy miskien sê jy praat nie die waarheid nie,
en almal sal onthou wat jy gedoen het.
11Wanneer iemand die regte ding sê
op die regte tyd,
dan is dit soos goue appels
wat iemand op silwer vasgesit het.
12Wanneer iemand wat wysheid het,
vir jou sê hoe jy moet lewe,
dan is dit soos 'n goue ring,
soos juwele van goud.
13Wanneer iemand 'n slaaf gestuur het
en die slaaf het die boodskap reg gebring,
dan is dit soos wanneer dit warm was
en sneeu het dit lekker koel gemaak.
Dit laat die slaaf se eienaar goed voel.
14Wanneer iemand spog oor 'n present
wat hy nie gee nie,
dan is dit soos wanneer daar wolke is en die wind waai,
maar daar is nie reën nie.
15As jy baie geduldig is,
dan kan jy met 'n regeerder praat
en hom laat besluit om iets te doen,
as jy vriendelik praat, dan sal hy miskien begin dink
dat hy iets op 'n ander manier moet doen.
16Wanneer jy heuning kry,
dan moet jy nie te veel eet nie.
As jy te veel eet, dan sal jy naar word.
17Jy moenie te veel by jou naaste kuier nie.
As jy te veel by hom kom,
dan sal hy nie meer lief wees vir jou nie.
18Iemand wat 'n vals getuie
teen 'n ander mens is,
is soos 'n knopkierie, 'n swaard of 'n skerp pyl.
19Jy moenie dink dat 'n ontrou mens
jou sal help wanneer dit sleg gaan met jou nie.
'n Ontrou mens is soos 'n stukkende tand of 'n lam voet.
20Jy moenie vra dat iemand wat wil huil,
liedjies moet sing nie.
Dit is soos wanneer jy op 'n koue dag
iemand se klere wegvat,
of soos wanneer jy asyn op 'n seerplek gooi.
21Wanneer iemand wat vir jou haat, honger is,
dan moet jy vir hom kos gee om te eet.
Wanneer hy dors is,
dan moet jy vir hom water gee om te drink.
22Dan sal jy hom skaam laat word
omdat hy jou haat,
en die Here sal jou beloon.
23Wanneer die noordewind waai, dan gaan dit reën.
Wanneer iemand skinder, dan word mense kwaad.
24Dit is beter om bo-op 'n huis se dak te woon
as om in 'n huis te woon saam met 'n vrou wat aanhou kla.
25Goeie nuus uit 'n ver land
is soos koue water in die keel van 'n mens wat moeg is.
26'n Mens wat reg gelewe het en dan kies
om dieselfde dinge te doen soos 'n persoon
wat verkeerd lewe,
is soos 'n fontein of 'n put vol vuil water.
27Dit is sleg wanneer jy te veel heuning eet,
en ook wanneer iemand jou te veel respekteer.
28Iemand wat homself nie kan regeer nie,
is soos 'n stad wat nie meer 'n muur rondom hom het nie.

Currently Selected:

Spreuke 25: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy