YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke 21

21
Die Here weet wat 'n mens dink
1Die dinge wat die koning dink,
is vir die Here soos 'n stroom water,
die Here lei die stroom waar Hy wil.
2'n Mens dink miskien dat alles wat hy doen,
reg is, maar die Here weet wat 'n mens dink,
Hy weet of dit reg is.
3Die Here hou meer van iemand wat reg lewe
en reg doen as van iemand wat offer.
4Mense wat verkeerd doen,
dink dat hulle belangrik is en dat hulle baie weet.
Dit is hulle sonde.
5Wanneer flukse mense planne maak, dan word hulle ryk,
maar almal wat te haastig is, sal arm word.
6Wanneer mense baie dinge het
omdat hulle ander mense bedrieg het,
dan verdwyn dit soos wind, en die mense sterf gou.
7Die mense wat verkeerd doen
en wat ander mense wil seermaak en doodmaak,
val in 'n vangnet wat hulle self styftrek
omdat hulle nie reg wil doen nie.
8'n Skelm mens loop op verkeerde paaie,
maar 'n eerlike mens het 'n skoon lewe.
9Dit is beter om bo-op 'n huis se dak te woon
as om in 'n huis te woon saam met 'n vrou
wat aanhou kla.
10Die mens wat verkeerd doen,
wil aanhou verkeerd doen,
hy is nie jammer vir ander mense nie.
11Wanneer jy 'n persoon straf wat altyd wil spot,
dan kry iemand wat baie min weet, wysheid.
Wanneer jy vir 'n persoon leer wat wysheid het,
dan leer hy nog meer.
12God doen reg.
Hy sien wat gebeur in die huis
van die mens wat verkeerd doen,
en Hy laat dit sleg gaan met die mens
wat verkeerd doen.
13As jy nie wil luister wanneer 'n arm mens
vir jou vra om hom te help nie,
dan sal die Here ook nie vir jou antwoord
wanneer jy bid nie.
14Wanneer jy 'n present gee vir iemand
wat kwaad is vir jou,
dan moet jy dit gee waar ander mense
dit nie sien nie,
dan sal daardie persoon nie meer kwaad wees nie.
Ook wanneer hy baie kwaad is,
sal hy weer goed word as jy die present gee
waar julle alleen is.
15'n Mens wat reg lewe,
is bly wanneer hy reg kan doen,
maar mense wat slegte dinge doen, sal sterf.
16Wanneer iemand ophou om verstandig te lewe,
dan sal hy moet gaan woon waar die dooie mense is,
hy sal sterf.
17As iemand baie hou van plesier,
dan sal hy arm word,
iemand wat baie lief is vir wyn en olyf-olie,
word nie ryk nie.
18'n Mens sal maklik iemand wat verkeerd doen, omruil
vir iemand wat reg lewe,
of hy sal 'n ontrou mens omruil
vir 'n eerlike mens.
19Dit is beter om in 'n woestyn te woon
as om te woon saam met 'n vrou wat aanhou kla
en wat jou laat swaarkry.
20In 'n wyse mens se huis is daar
kosbare goed en olyf-olie,
'n dwase mens eet alles op wat hy het.
21As iemand probeer om reg te doen
en om te doen wat hy belowe het,
dan sal hy aanhou lewe,
mense sal reg doen aan hom en hulle sal hom respekteer.
22Iemand wat wysheid het, kan 'n stad vol soldate oorwin,
en hy kan die mure laat val wat die soldate moet beskerm.
23As iemand eers dink voordat hy iets sê,
dan kry hy nie probleme nie.
24'n Hoogmoedige mens wat dink net hý is reg,
is 'n mens wat altyd wil spot.
Alles wat hy doen, wys dat hy trots is
en dat hy dink hy is beter as ander mense.
25'n Lui mens gaan dood omdat hy net wens
dat hy dinge sal kry,
want hy wil nie werk nie,
26hy sit die hele dag en wens dat hy dinge sal kry.
Iemand wat reg lewe,
kan vir ander mense van sy goed gee,
hy is nie suinig nie.
27Die Here haat die offers van mense
wat verkeerd doen,
Hy haat dit nog meer wanneer hulle die offers bring
omdat hulle skelm planne het.
28'n Vals getuie sal sterf,
maar 'n getuie wat goed geluister het wat mense sê,
kan aanhou praat.
29Die mens wat verkeerd doen, wys nie wat hy dink nie,
die eerlike mens maak seker dat hy reg lewe.
30Wanneer 'n mens voor die Here staan,
dan weet hy dat hy nie wysheid het nie
en niks verstaan nie,
hy weet nie wat om te doen nie.
31Jy kan vir perde leer en jy kan hulle in die oorlog gebruik,
maar dit is die Here wat jou die oorlog laat wen.

Currently Selected:

Spreuke 21: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy