YouVersion Logo
Search Icon

Numeri 2

2
Die kampe van die stamme
1Die Here het vir Moses en Aäron gesê: 2“Elke stam moet sy tente opslaan by sy vlag, by sy familie-teken. Die Israeliete moet hulle tente opslaan rondom die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
3-9“Die vlag van die Juda-kamp moet oos van die tempel-tent staan. Die stamme wat hulle tente daar in groepe moet opslaan, is:
“Juda wat 74 600 manne het,
hulle leier is Nagson
seun van Amminadab,
Issaskar wat 54 400 manne het,
hulle leier is Netanel
seun van Suar,
Sebulon wat 57 400 manne het,
hulle leier is Eliab
seun van Gelon.
“In die Juda-kamp is hulle almal saam 186 400 manne en hulle moet eerste gaan.
10-16“Die vlag van die Ruben-kamp moet suid van die tempel-tent staan. Die stamme wat hulle tente daar in groepe moet opslaan, is:
“Ruben wat 46 500 manne het,
hulle leier is Elisur
seun van Sedeür,
Simeon wat 59 300 manne het,
hulle leier is Selumiël
seun van Suri-Saddai,
Gad wat 46 650 manne het,
hulle leier is Eljasaf
seun van Reüel.
“In die Ruben-kamp is hulle almal saam 125 450 manne en hulle moet tweede gaan.
17“Daarna moet die Leviete die tent dra, die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die tente van die Leviete is in die middel van die kamp, en elkeen moet gaan wanneer dit sy beurt is, elkeen by sy vlag.
18-24“Die vlag van die Efraim-kamp moet wes van die tempel-tent staan. Die stamme wat hulle tente daar in groepe moet opslaan, is:
“Efraim wat 40 500 manne het,
hulle leier is Elisama
seun van Ammihud,
Manasse wat 32 200 manne het,
hulle leier is Gamliël
seun van Pedasur,
Benjamin wat 35 400 manne het,
hulle leier is Abidan
seun van Gidoni.
“In die Efraim-kamp is hulle almal saam 108 100 manne en hulle moet derde gaan.
25-31“Die vlag van die Dan-kamp moet noord van die tempel-tent staan. Die stamme wat hulle tente daar in groepe moet opslaan, is:
“Dan wat 62 700 manne het,
hulle leier is Agiëser
seun van Ammi-Saddai,
Aser wat 41 500 manne het,
hulle leier is Pagiël
seun van Okran,
Naftali wat 53 400 manne het,
hulle leier is Agira
seun van Enan.
“In die Dan-kamp is hulle almal saam 157 600 manne en hulle moet laaste gaan.”
32Moses-hulle het die Israeliete in die kampe getel, hulle het getel hoeveel persone in elke familie en groep is. Hulle was almal saam 603 550. 33Moses-hulle het nie die Leviete saam met die ander Israeliete getel nie. Die Here het vir Moses gesê hy moenie hulle tel nie. 34Die Israeliete het alles gedoen wat die Here vir Moses gesê het. Hulle het hulle tente opgeslaan by hulle vlae, en die families en huisgesinne van elke stam het elkeen gegaan wanneer dit sy beurt is.

Currently Selected:

Numeri 2: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy