YouVersion Logo
Search Icon

Levitikus 18

18
Seks wat mense onrein laat word
1Die Here het vir Moses gesê: 2“Jy moet vir die Israeliete sê: Ek is julle God die Here. 3Julle het voorheen in die land Egipte gewoon, maar julle mag nie die dinge doen wat die mense van daardie land gedoen het nie. Ek bring julle nou na die land Kanaän, maar julle mag ook nie die dinge doen wat die mense van daardie land doen nie. Julle mag nie lewe soos hulle nie. 4Julle moet doen wat Ek sê, julle moet lewe soos Ek besluit. Ek is julle God die Here. 5Julle moet aanhou om te doen wat Ek sê en besluit. Die mens wat dit doen, sal aanhou lewe. Ek is die Here.
6“Niemand van julle mag seks hê met iemand wat naby familie is nie. Ek is die Here. 7Jy mag nie seks hê met jou ma nie, want jy sal skande bring oor jou pa se naam. Sy is jou ma, jy mag nie seks hê met haar nie. 8Jy mag nie seks hê met 'n ander vrou van jou pa nie, jy sal skande bring oor jou pa se naam. 9Jy mag nie seks hê met jou suster nie, ook nie met jou stiefsuster wat in die huis of op 'n ander plek gebore is nie. 10Jy mag nie seks hê met jou kleindogter nie, want dit sal skande bring oor jou naam. 11Jy mag nie seks hê met jou halwe suster nie, sy is jou suster. 12-13Jy mag nie seks hê met jou tannie nie, sy is jou pa of jou ma se suster. 14Jy mag nie seks hê met jou oom se vrou nie, sy is jou tante. Jy sal skande bring oor jou oom se naam. 15Jy mag nie seks hê met jou skoondogter nie, sy is jou seun se vrou, jy mag nie seks hê met haar nie. 16Jy mag nie seks hê met jou skoonsuster nie, jy sal skande bring oor jou broer se naam. 17Jy mag nie seks hê met 'n vrou én met haar dogter nie. Jy mag ook nie trou met 'n kleindogter van daardie vrou nie, jy sal skande bring oor die vrou se naam. Dit is haar kleindogter, dit sal sleg wees as jy met haar kleindogter trou. 18Jy mag nie trou met jou vrou se suster terwyl jou vrou lewe nie. Hulle sal vyande word as jy seks het met die suster. 19Jy mag nie seks hê met 'n vrou wat menstrueer nie, sy is onrein. 20Jy mag nie seks hê met 'n ander man se vrou nie, jy sal onrein word. 21Jy mag nie 'n kind of 'n kleinkind van jou offer vir Molek nie, jy mag nie die Naam van jou God ontwy nie. Ek is die Here. 22'n Man mag nie seks hê met 'n man nie. Die Here haat dit. 23'n Man mag nie seks hê met 'n dier nie. 'n Vrou mag ook nie seks hê met 'n dier nie, die Here haat dit. 24Jy moenie enige een van hierdie dinge doen nie, want dan sal jy jouself onrein laat word. Die ander volke het dit gedoen en so het hulle onrein geword, die volke wat Ek wegjaag om plek te maak vir julle. 25Die land het ook onrein geword, daarom sal Ek die land straf sodat die land die mense sal wegjaag. 26Julle moet aanhou om te doen wat Ek sê en wat Ek besluit, julle moenie een van hierdie dinge doen wat Ek haat nie, die Israeliete moenie dit doen nie, en ook nie die vreemdelinge nie. 27Want die mense van die land wat vóór julle hier was, het al hierdie dinge gedoen wat Ek haat, en die land het toe onrein geword. 28Die land sal julle ook wegjaag as julle die land onrein laat word, soos die land die volk weggejaag het wat vóór julle hier was. 29Julle moet die persoon wat een van al hierdie dinge doen, afsny van die volk. 30Julle moet aanhou om te doen wat Ek gesê het, julle moenie een van die dinge doen wat die mense gedoen het wat voorheen hier gewoon het nie. Julle moenie julleself onrein laat word nie. Ek is julle God die Here.”

Currently Selected:

Levitikus 18: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy