YouVersion Logo
Search Icon

Klaagliedere 5

5
Here, U moet vir ons nuwe lewe gee
1Here, U moet dink
aan wat met ons gebeur het,
U moet kyk en sien
hoe die mense ons spot.
2Vreemde mense het ons land gevat,
mense uit ander lande woon in ons huise.
3Ons het geword soos weeskinders
wat nie 'n pa het nie,
ons is soos kinders wie se ma
'n weduwee is.
4Wanneer ons water wil hê,
dan moet ons dit koop,
ons moet betaal vir die hout
wat ons gebruik.
5Die mense wat ons jaag,
het jukke op ons nekke gesit.
Ons is moeg, ons kan nooit rus nie.
6Ons het ons hande uitgesteek en gesoebat
by die Egiptenaars en die Assiriërs
om genoeg kos te kry.
7Dit was ons voorvaders wat sonde gedoen het.
Maar hulle is almal dood,
en nou is dit óns wat moet swaarkry
oor wat húlle verkeerd gedoen het.
8Die mense wat oor ons regeer,
was ook slawe, en daar is niemand
wat ons vrymaak van hulle nie.
9Wanneer ons kos soek in die woestyn,
dan wag hulle daar om ons dood te maak.
10Ons is so honger dat ons siek is
en koors het,
ons vel is so warm soos 'n oond.
11Die mense wat oor ons regeer,
het ons vroue en ons jongmeisies verkrag
in Sion en in die stede van Juda.
12Die mense wat oor ons regeer,
het ons amptenare opgehang
aan hulle hande,
hulle respekteer nie ons leiers nie.
13Ons jongmanne moet koring maal
en ons seuns moet hout dra
wat te swaar is vir hulle.
14Ons leiers sit nie meer in die poort nie,
ons jongmanne speel nie meer musiek nie.
15Ons voel nooit bly nie,
ons het opgehou om te dans,
ons huil en treur.
16Ons voel nie meer soos konings nie.
Dit gaan sleg met ons,
want ons het sonde gedoen.
17Dit is hoekom ons hartseer is,
dit is hoekom ons oë dof geword het.
18Ons is hartseer oor Sionsberg,
niemand woon nou daar nie,
jakkalse loop nou daar rond.
19U, Here, U regeer vir altyd,
U regeer oor elke geslag.
20Hoekom hou U aan om ons te vergeet?
Hoekom los U ons vir altyd?
21Here, U moet ons laat terugkom
na U toe,
sodat ons kan verander en kan lewe
soos U wil hê.
U moet vir ons nuwe lewe gee,
soos lank gelede.
22Of het U ons heeltemal gelos?
Is U so baie kwaad vir ons?

Currently Selected:

Klaagliedere 5: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy