YouVersion Logo
Search Icon

Job 1

1
Die goeie man Job
1Daar was 'n man in die land Us. Sy naam was Job. Hy was 'n goeie man, hy was eerlik, hy het God gedien en hy het nie verkeerd gedoen nie. 2Job het sewe seuns en drie dogters gehad. 3Hy het 7 000 skape en bokke gehad, 3 000 kamele, 1 000 beeste, 500 donkies en baie slawe. Hierdie man was ryker as al die Oosmense. 4Sy seuns het graag partytjies gehou in hulle huise, elke seun het 'n beurt gekry. Dan het hulle boodskappers gestuur en hulle het hulle susters genooi om saam te kom eet en drink. 5Wanneer 'n partytjie verby was, dan het Job vir sy kinders laat weet dat hulle hulleself moet wy. Hy het vroeg opgestaan en hy het vir elke kind 'n brand-offer gebring, want hy het gedink: Miskien het my kinders sonde gedoen en vir God vervloek.
Job het dit altyd gedoen wanneer 'n partytjie verby was.
Die Satan praat met die Here
6Eendag het die engele voor die Here kom staan. Die Satan het saam met hulle gekom. 7Die Here het vir die Satan gevra: “Waar was jy?”
Die Satan het gesê: “Ek het oral op die wêreld rondgegaan.”
8Toe vra die Here vir die Satan: “Het jy my dienaar Job gesien? Daar is niemand in die wêreld soos hy nie. Hy is 'n goeie man, hy is eerlik, hy dien My en hy doen nie verkeerd nie.”
9Die Satan het vir die Here gesê: “Ek weet hoekom Job vir U dien, hy doen dit omdat hy baie van U kry. 10U het hom beskerm en ook sy huisgesin en alles wat hy het. U het dit goed laat gaan met alles wat hy gedoen het, hy het ryk geword. 11Maar as U iets wegvat wat hy het, dan sal hy vir U sê hy vervloek U, dit is seker.”
12Toe sê die Here vir die Satan: “Jy mag doen wat jy wil met alles wat Job het, maar jy mag niks doen aan homself nie.”
Die Satan het toe weggegaan van die Here.
Job verloor alles wat hy het
13Eendag het die kinders van Job partytjie gehou in die huis van hulle oudste broer. 14Toe kom daar 'n slaaf by Job, en hy sê: “Die slawe en die beeste het geploeg, en die donkies het daar naby gewei, 15toe kom die Sabeërs skielik en hulle vat al die beeste en die donkies. Hulle het die slawe doodgemaak, net ek het vry weggekom om dit vir jou te kom vertel.”
16Terwyl die slaaf besig was om te praat, kom daar 'n ander slaaf en hy sê: “Die weerlig het die skape en die bokke doodgeslaan, en ook die slawe wat by hulle was. Net ek het vry weggekom om dit vir jou te kom vertel.”
17Terwyl daardie slaaf besig was om te praat, kom daar 'n ander slaaf en hy sê: “Drie groepe Galdeërs het skielik gekom en hulle het die kamele gevat en die slawe doodgemaak wat by die kamele was. Net ek het vry weggekom om dit vir jou te kom vertel.”
18Terwyl daardie slaaf besig was om te praat, kom daar 'n ander slaaf en hy sê: “Jou kinders was besig om partytjie te hou in hulle oudste broer se huis, 19toe kom daar skielik 'n sterk wind van die woestyn en dit waai die huis om. Die vier mure van die huis het op die kinders geval, en hulle is almal dood. Net ek het vry weggekom om dit vir jou te kom vertel.”
20Job het opgestaan en hy het sy bo-kleed geskeur en sy hare afgeskeer. Hy het gaan lê met sy gesig teen die grond 21en hy het gesê: “Ek het niks gehad toe ek gebore is nie en ek sal niks hê wanneer ek sterf nie. Die Here het gegee en die Here het geneem. Ek prys die Naam van die Here!”
22Terwyl dit alles gebeur het, het Job nie sonde gedoen nie, hy het nie gesê dat God iets verkeerd gedoen het nie.

Currently Selected:

Job 1: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy