YouVersion Logo
Search Icon

Johannes 2

2
Jesus verander water in wyn
1Twee dae later was daar 'n troue. 'n Man en 'n vrou het getrou in die stad Kana in Galilea. Jesus se ma was ook daar. 2Die mense het vir Jesus en sy dissipels ook genooi na die troue. 3Toe die wyn op was, het Jesus se ma vir Hom gesê: “Die wyn is op.”
4Jesus het vir haar gesê: “Mevrou, hoekom sê jy dit vir My? Dit is nog nie my tyd nie.”
5Jesus se ma sê toe vir die kelners: “Julle moet doen wat Jesus vir julle sê.”
6Daar was ses watervate van klip. Die Jode het die water in die vate gebruik om hulle te reinig. Daar was 90 tot 100 liter water in elke klipvat. 7Jesus het vir die kelners gesê: “Maak die vate vol water!”
Hulle het die vate heeltemal volgemaak.
8Toe sê Jesus vir hulle: “Skep nou van die water en gee dit vir die hoofkelner!”
Hulle het die water vir die hoofkelner gegee. 9Die hoofkelner het geproe dat die water wyn geword het. Hy het nie geweet van waar die wyn kom nie, maar die kelners wat die water geskep het, het geweet. Die hoofkelner het die bruidegom geroep 10en vir hom gesê: “'n Mens moet eers die goeie wyn vir jou gaste gee. Later, wanneer die mense baie gedrink het, gee 'n mens die wyn wat nie so goed is nie. Maar jy het die beste wyn gebêre tot nou toe!”
11Dit was die eerste wonderteken wat Jesus gedoen het. Hy het dit in die stad Kana in Galilea gedoen. So het Jesus vir die mense gewys dat Hy ook God is, en daarom het sy dissipels in Hom geglo. 12Daarna het Jesus, sy ma, sy broers en sy dissipels na die stad Kapernaum gegaan, maar hulle het nie lank daar gebly nie.
Jesus jaag die verkopers uit die tempel
(Ook Matt 21:12-13; Mark 11:15-17; Luk 19:45-46)
13Dit was amper tyd vir die Joodse Paasfees. Daarom het Jesus na Jerusalem gegaan. 14By die tempel het Hy mense gesien wat beeste, skape en duiwe verkoop. Daar het ook mense gesit wat geld omruil. 15Toe het Jesus tou geneem en Hy het 'n sweep gemaak. Hy het almal uit die tempel gejaag, ook die skape en die beeste. Hy het die mense wat geld omruil, se geld op die grond gegooi. Hy het hulle tafels ook omgegooi. 16Hy het vir die mense wat duiwe verkoop, gesê: “Vat weg al hierdie goed! Julle moenie 'n winkel maak van my Vader se tempel nie!”
17Toe onthou sy dissipels dat daar in die Ou Testament geskryf is:
Ek sal sterf omdat Ek lief is
vir u tempel.
18Maar die Jode het vir Jesus gevra: “Wys vir ons 'n wonderteken om vir ons te bewys dat jy al hierdie dinge mag doen.”
19Jesus het vir hulle gesê: “Julle kan hierdie tempel afbreek, en Ek sal dit in drie dae weer bou.”
20Die Jode het gesê: “Die mense het 46 jaar gewerk om die tempel klaar te bou! En jy sê jy sal dit in drie dae weer bou! Ons glo dit nie!”
21Maar Jesus het van sy eie liggaam gepraat toe Hy van die tempel gepraat het. 22Later, nadat Jesus gesterf het en toe Hy weer begin lewe het, het die dissipels onthou wat Hy gesê het. Hulle het geglo wat in die Ou Testament geskryf is en wat Jesus gesê het.
Jesus ken mense
23Jesus was in Jerusalem om die Paasfees te vier. Baie mense het die wondertekens gesien wat Hy gedoen het en daarom het hulle in Hom geglo. 24Maar Jesus het hulle almal goed geken, en daarom het Hy geweet hulle glo nie regtig nie. 25Jesus het self geweet wat mense dink. Dit was nie nodig dat iemand vir Hom vertel hoe mense is nie.

Currently Selected:

Johannes 2: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy