YouVersion Logo
Search Icon

Jesaja 60

60
Jou lig het gekom
1Jerusalem, jy moet opstaan,
jy moet jou lig laat skyn,
want jou lig het gekom,
die lig van die Here self sal op jou skyn.
2Ja, kyk, dit is donker oor die aarde,
oor al die volke.
Maar die Here gee vir jóú lig,
sy lig kom na jou toe.
3Nou sal die volke en die konings
lewe in jou lig,
die lig van jou nuwe dag.
4Jerusalem, kyk rondom jou,
jy sal sien jou seuns en jou dogters
kom van ver.
Mense dra hulle,
en hulle kom almal bymekaar,
hulle kom na jou toe.
5Wanneer jy dit sien,
dan sal jy baie bly wees.
Jou hart sal vinnig klop
en jy sal bly word,
want al die duur en mooi dinge
van die volke sal joune word.
Dit sal na jou toe kom oor die see.
6Daar sal baie kamele na jou toe kom,
kamele van die lande Midian en Efa.
Hulle sal almal van die land Skeba kom
en hulle sal goud en wierook bring.
Die mense sal die Here prys.
7“Al die skape en bokke van die land Kedar
sal joune word,
die ramme van die land Nebajot
sal aan jou behoort.
Ek wil graag hê dat jy
hulle op my altaar moet offer,
en Ek sal trots wees op my pragtige tempel.”
8Wie is dit wat daar nader kom
soos 'n wolk?
Wie kom soos duiwe wat na hulle neste vlieg?
9Jerusalem, dit is jou seuns wat van ver kom,
hulle kom van die ver lande
langs die see.
Hulle kom met skepe,
en hulle bring goud en silwer saam.
Hulle kom om jou God die Here te eer,
die Heilige God van Israel,
en Hy sal vir jou ook eer gee.
10“Mense van ander lande sal jou mure bou,
en hulle konings sal vir jou werk,
want Ek het jou gestraf toe Ek kwaad was,
maar Ek wil graag weer goed wees vir jou.
11Jou poorte sal elke dag en nag oop wees
sodat die duur en mooi dinge van die volke
na jou toe kan kom,
en sodat die volke hulle konings
na jou toe kan lei.
12Dit sal sleg gaan met die volke
wat jou nie dien nie,
die vyande sal hulle lande verwoes,
en hulle stede sal hope klippe word.
13Die hout van die beste bome op Libanon-berg
sal na jou toe kom,
sipreshout, plataanhout en dennehout,
en dit sal my tempel mooi maak,
Ek sal die plek waar Ek woon, pragtig maak.
14Die mense wat jou verdruk het
en wat gedink het jy beteken niks,
sal na jou toe kom
en laag voor jou buig.
Hulle sal jou noem ‘Stad van die Here,
Sion wat behoort aan die Heilige God van Israel.’
15Daar het niemand in jou gewoon nie,
niemand wou deur jou loop nie.
Maar nou sal almal trots wees op jou,
elke nuwe geslag sal bly wees oor jou.
16Volke en hulle konings sal jou oppas
soos 'n ma haar kind oppas,
en jy sal weet Ek is die Here wat jou red,
die Sterk God van Jakob is jou Bevryder.
17Jerusalem, jy het nou brons,
maar Ek bring vir jou goud,
jy het yster,
maar Ek bring silwer,
jy het hout,
maar Ek bring brons,
jy het klip,
maar Ek bring yster.
Ek sal vir jou vrede gee,
jou mense sal reg doen aan mekaar.
18Niemand sal weer kan sê
dat iemand slegte dinge doen
aan die mense in jou land nie
en niemand sal jou huise verwoes en afbreek nie.
Jy sal sê
jou mure se naam is ‘Die Here red,’
en jou poorte se naam is ‘Prys die Here.’
19In die dag sal die son nie meer
vir jou lig gee nie
en die maan sal nie meer op jou skyn nie.
Maar die Here sal altyd jou lig wees,
jou God sal vir jou eer gee.
20Jou son sal nie ondergaan nie,
jou maan sal nie kleiner word nie,
want die Here sal altyd
die lig wees vir jou.
Die tyd is verby
toe jy moes huil en treur.
21Jou mense sal almal doen
wat die Here wil hê,
en die land sal altyd
aan hulle behoort.
Hulle sal wees soos 'n loot
wat die Here geplant het,
'n loot wat Hy self geplant het
om Hom te eer.
22'n Paar mense sal wees
soos 1 000 mense,
die swakste mense sal wees
soos 'n sterk volk.
Ek sal dit gou laat gebeur
wanneer Ek so besluit,
Ek is die Here.”

Currently Selected:

Jesaja 60: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy