YouVersion Logo
Search Icon

Jesaja 48

48
Van nou af sal julle nuwe dinge by My hoor
1Die Here sê: “ Nageslag van Jakob,
julle wat julleself Israel noem
en wat uit die Juda-stam kom,
julle moet luister na wat Ek sê.
Julle noem die Naam van die Here
wanneer julle dinge belowe.
Julle sê julle dien die God van Israel,
maar julle doen dit nie regtig nie.
2Julle noem julleself die mense
van die gewyde stad
en julle dink die God van Israel
sal julle help.
Sy Naam is die Here wat oor alles regeer.
3Maar Ek het lank gelede gesê wat sal gebeur.
Ek het dit gesê en Ek het dit gedoen.
Dit het skielik gebeur.
4Ek het geweet julle is hardkoppig.
Julle koppe is so hard
soos yster en brons.
5Daarom het Ek lank gelede vir julle gesê
wat met julle sal gebeur.
Julle kan nie sê dat julle afgode
hierdie dinge laat gebeur het nie,
die beelde wat julle self gemaak het,
het dit nie laat gebeur nie.
6Julle het gehoor wat Ek gesê het,
julle het gesien wat gebeur.
Julle moet sê: ‘Ja, dit is waar.’
Van nou af sal Ek nuwe dinge vir julle sê,
dinge wat Ek nie voorheen gesê het nie,
dinge wat julle nie geweet het nie.
7Dit is dinge wat Ek nou sal doen.
Ek het dit nie voorheen gedoen nie
en Ek het dit nie vir julle gesê nie.
Julle kan nie sê
dat julle hierdie dinge klaar weet nie.
8Julle het dit nie gehoor nie
en nie geweet nie.
Ek het dit nie vir julle gesê nie
omdat Ek weet julle is baie ontrou
en julle was altyd opstandig.
9Ek het geduldig gebly.
Hoekom?
Omdat my Naam die Here is.
Ek het julle nie laat sterf nie,
want Ek wil hê mense moet My eer.
10'n Mens smelt silwer om dit skoon te maak,
so het Ek julle in die smelt-oond van swaarkry
skoongemaak.
11Ek het dit gedoen omdat Ek die Here is.
Ek sal niks laat ontwy
wat aan My behoort nie,
Ek gee nie vir iemand anders
die eer wat Ek moet kry nie.
12“Nageslag van Jakob,
Israeliete, Ek het julle geroep,
julle moet luister na wat Ek sê.
Ek is die Here,
Ek is die eerste, Ek is ook die laaste.
13Ek het die aarde op sy plek neergesit
en Ek het die hemeldak gemaak
en Ek het dit styfgetrek soos 'n tent.
Ek het gesê die aarde en die hemeldak
moet daar wees, en toe was hulle daar.
14Nou moet julle almal bymekaarkom en luister.
Wie het gesê hierdie dinge sal gebeur?
Nie julle gode nie!
Ek, die Here, stuur die man van wie Ek hou,
hy moet met die stad Babel en sy mense
doen wat Ek wil hê.
15Dit is Ek wat gepraat het en wat die man geroep het.
Ek het gesê hy moet kom,
en hy sal kan doen wat hy moet doen.
16Julle moet nader kom en luister na wat Ek sê.
Ek het dit van die begin af vir julle gesê,
Ek was daar toe dit begin gebeur het.”
Julle moet uitgaan uit Babel
Die Here het my gestuur,
Hy het vir my en sy Gees gestuur.
17Ek moet sê dit is die Here wat praat.
Hy is die Heilige God van Israel
wat vir julle wil vrymaak.
Hy sê: “Ek is julle God die Here
wat vir julle leer om te doen
wat julle moet doen,
en Ek lei julle op die pad
waar julle moet loop.
18As julle gedoen het
wat Ek vir julle gesê het,
dan sou dit goed gegaan het met julle.
Dan sou alles weer reg gewees het.
Dit sou gewees het soos 'n rivier wat vloei
of soos die branders van die see.
19Julle nageslag sou
so baie gewees het soos sand,
en wanneer vyande julle wou doodmaak,
dan sou Ek hulle gekeer het.
20Julle moet uitgaan uit die stad Babel,
julle moet vlug.
Julle moet juig en hard skree,
so hard dat al die mense op die aarde dit hoor.
Julle moet sê: ‘Die Here het sy dienaars,
die nageslag van Jakob, vrygemaak.
21Hulle het nie dors geword
toe hulle deur droë plekke geloop het nie.
Die Here het vir hulle water uit 'n rots laat vloei.
Hy het die rots oopgebreek,
en die water het daaruit gestroom.’
22Maar dit sal nie goed gaan
met die mense wat verkeerd doen nie.
Dit het die Here gesê.”

Currently Selected:

Jesaja 48: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy