YouVersion Logo
Search Icon

Hebreërs 8

8
Jesus is ons Hoëpriester
1Wat ek gesê het, beteken dit: Ons het 'n Hoëpriester, Hy het gaan sit op die belangrikste plek langs die troon van die Groot Koning in die hemel. 2Hy doen 'n priester se werk in die tempel, dit is die ware tempel-tent. Die Here het die tempel gebou, 'n mens het dit nie gedoen nie. 3Want God kies elke hoëpriester om presente en offers te bring. Daarom moes ook hierdie Hoëpriester, Jesus, iets hê om te offer. 4Hierdie Hoëpriester in die hemel sou nie 'n priester kon wees as Hy op die aarde was nie, want hier op die aarde is daar priesters wat die presente offer soos die Wette van Moses sê. 5Hulle doen die werk van priesters by 'n tempel, en die tempel lyk soos die tempel in die hemel. Toe Moses gereed was om die tempel-tent te bou, het God vir hom gesê wat hy moet doen. God het gesê: “ Kyk goed, jy moet alles maak presies soos Ek vir jou op die berg gewys het.” 6Maar nou het God hierdie Hoëpriester, Jesus, gekies en aangestel om die werk van 'n priester te doen, en sy werk is baie belangriker as die werk van die priesters op die aarde. Dit is so omdat Jesus ook die Middelaar van 'n beter verbond is. God het die nuwe verbond vir sy volk gegee toe Hy beter dinge vir hulle belowe het.
7Daar moes 'n tweede verbond kom, want die eerste verbond het nie alles gedoen wat dit moes doen nie. 8Want God was ontevrede met sy volk, Hy het gesê:
Daar sal 'n tyd kom, sê die Here,
wanneer Ek 'n nuwe verbond
sal maak
met die mense van Israel
en die mense van Juda.
9Hierdie verbond sal nie wees
soos die verbond
wat Ek gemaak het
met hulle voorvaders nie.
Ek het daardie verbond gemaak
op die dag toe Ek hulle
hand geneem het om hulle
uit die land Egipte te bring.
Maar hulle het my
verbond gebreek,
daarom het Ek hulle
weggegooi, sê die Here.
10Want die verbond wat Ek later
met die Israeliete sal maak,
sal só wees, sê die Here:
Ek sal my wette
op hulle harte skryf
en dit sal binne-in hulle wees.
Ek sal hulle God wees
en hulle sal my volk wees.
11Hulle sal nie meer vir mekaar
leer of sê:
“Jy moet die Here ken” nie.
Hulle almal sal My ken,
onbelangrike en
belangrike mense,
12want Ek sal die dinge vergewe
wat hulle verkeerd gedoen het,
Ek sal nie meer dink
aan hulle sondes nie.
13God het gepraat van 'n “nuwe” verbond, en so het Hy gesê dat die eerste verbond nou die “ou verbond” is. Wanneer iets oud word en oud is, dan sal dit gou verdwyn.

Currently Selected:

Hebreërs 8: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy