YouVersion Logo
Search Icon

Galasiërs 6

6
Christene moet mekaar help
1Vriende, die Heilige Gees regeer julle lewens. Daarom, wanneer julle sien iemand doen sonde, dan moet julle mooi met hom praat en hom help om reg te lewe. Maar pasop dat julle nie dieselfde sonde doen nie. 2Julle moet mekaar help wanneer julle swaarkry, want dan doen julle wat Christus wil hê.
3Wanneer iemand dink dat hy belangrik is, maar hy is nie belangrik nie, dan dink hy dat hy iets is wat hy nie is nie. 4Elkeen van julle moet kyk wat hy self doen. As dit goed is, dan kan hy trots voel op dit wat hy self doen, en nie oor die dinge wat iemand anders doen nie. 5Want elkeen sal self vir God moet verduidelik hoekom hy dinge gedoen het.
6As iemand die boodskap van God vir julle leer, dan moet julle vir hom ook gee van al die goeie dinge wat julle het.
7Julle moenie 'n fout maak en dink God is nie belangrik nie. Julle moet dit weet: Die dinge wat julle saai, dit sal julle terugkry. 8As die dinge wat julle saai, die verkeerde dinge is wat mense graag doen, dan sal julle ook die verkeerde dinge terugkry, julle sal sterf. Maar as die dinge wat julle saai, die dinge is wat die Gees wil hê, dan sal julle die ewige lewe kry wat die Gees vir julle gee. 9Ja, ons moenie ophou om goeie dinge te doen nie, want as ons aanhou om goeie dinge te doen, dan sal ons op die regte tyd die ewige lewe kry. 10Daarom, ons moet vir almal goed wees terwyl ons tyd het, vir die mense wat in Christus glo, en dan ook vir ander mense.
Die einde van die brief
11Nou skryf ek met my eie hand. Julle kan sien hoe groot die letters is.
12Daardie mense wat aanhou sê julle moet julle laat besny, doen dit omdat hulle net belangstel in mense se liggame. Hulle doen dit, want hulle is bang dat hulle sal swaarkry as hulle moet sê dat mense net moet glo in Christus wat gekruisig is, nie ook in die besnydenis nie. 13Hulle is besny, maar hulle doen self nie wat die wette sê nie. Hulle wil julle laat besny, sodat hulle kan spog oor wat hulle met julle gedoen het. 14Ek wil nie soos hulle wees nie. Ek wil net oor een ding spog, en dit is oor die kruis van ons Here Jesus Christus. Hy het vir my gesterf, en daarom is die dinge waaroor die mense spog, nie belangrik vir my nie, en ek is nie belangrik vir daardie mense wat oor hierdie dinge spog nie. 15Want dit is nie belangrik of 'n mens besny is of nie besny is nie. Die belangrikste is: Ons Here Jesus Christus het ons verander, ons is nou nuwe mense. 16As mense so lewe, dan sal God vir hulle vrede gee en Hy sal baie goed wees vir hulle. Die mense wat so lewe, is nou Israel, die volk van God.
17Niemand moet my nou weer oor hierdie dinge pla nie, want ek het al baie swaar gekry vir Jesus. 'n Mens kan die merke daarvan op my liggaam sien.
18Vriende, ek bid dat ons Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle. Amen.

Currently Selected:

Galasiërs 6: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy