YouVersion Logo
Search Icon

2 Tessalonisense 3

3
Die gemeente in Tessalonika moet vir Paulus en die ander apostels bid
1Vriende, daar is nog 'n paar laaste dinge wat ons vir julle wil sê. Julle moet bid vir ons, sodat die goeie boodskap oor die Here Jesus vinnig by almal kan kom, en sodat mense bly kan wees wanneer hulle dit hoor, soos julle ook bly was. 2Julle moet ook bid dat die Here ons sal verlos van slegte mense wat na niemand wil luister nie, want dit is nie al die mense wat die goeie boodskap oor Christus wil glo nie.
3Maar die Here doen wat Hy belowe het. Hy sal julle sterk maak en beskerm teen die duiwel. 4Ons is seker dat die Here julle sal help om die dinge te doen wat ons vir julle sê om te doen. Julle doen dit al klaar, en julle sal aanhou om dit te doen.
5Ons bid dat die Here julle sal lei om nog beter te verstaan hoe lief God is vir die mense van die wêreld en hoe Christus aangehou het om te doen wat sy Vader wil hê. Daarom kan ons dit ook doen.
Christene moenie lui wees en niks doen nie
6Vriende, ons Here Jesus Christus het vir my gesê ek moet julle waarsku: Julle moet wegbly van al die gelowiges wat lui is en wat nie lewe soos ons vir hulle gesê het nie.
7Want julle weet baie goed wat julle moet doen as julle soos ons wil lewe. Ons was nie lui toe ons by julle gebly het nie. 8Ons het by niemand kos gebedel nie, ons het daarvoor betaal. Ons het elke dag en nag hard gewerk en gesweet, want ons wou nie vir een van julle vra om vir ons te sorg nie. 9Ons is apostels van die Here, en daarom kon ons vir julle gevra het om vir ons te sorg. Maar ons het dit nie gedoen nie, want ons wou vir julle wys dat 'n mens vir homself moet sorg. Ons wou hê julle moet ook doen soos ons gedoen het. 10Toe ons by julle was, het ons duidelik vir julle gesê dat as iemand nie wil werk nie, dan moet hy ook nie eet nie.
11Ons hoor dat party gelowiges by julle baie lui is. Hulle wil nie werk nie, maar hulle pla altyd vir ander mense. 12Die Here Jesus Christus het vir my gesê ons moet vir daardie gelowiges hard en duidelik sê dat hulle moet ophou om altyd ander mense te pla, en dat hulle vir hulleself moet sorg.
13Maar, vriende, julle moenie moeg word om goed te doen nie. 14As iemand nie luister na wat ons in hierdie brief skryf nie, dan moet julle vir almal sê wie hy is. Julle moet hom alleen los sodat hy kan skaam word. 15Maar julle moenie sy vyande wees nie. Julle moet met hom raas soos julle met 'n broer sal raas.
Paulus groet die gemeente
16Ek bid dat die Here wat vrede gee, self vir julle altyd en op baie maniere vrede sal gee.
17Ek, Paulus, skryf hierdie groete met my eie hand. Ek doen dit in elke brief, sodat julle kan sien hoe ek skryf.
18Ek bid dat die Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle almal.

Currently Selected:

2 Tessalonisense 3: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy