YouVersion Logo
Search Icon

1 Korintiërs 2

2
Die Heilige Gees werk wanneer Paulus preek
1Vriende, ek het na julle toe gekom om vir julle te vertel van die dinge van God, dinge waarvan julle niks geweet het nie. Ek het toe nie moeilike woorde gebruik of gemaak of ek baie slim is nie. 2Ek het dit gedoen omdat ek vir julle net wou leer van Jesus Christus, en dat God Hom laat kruisig het. 3Ja, toe ek by julle gekom het, het ek getwyfel of ek die boodskap van Christus reg sal kan bring vir julle. Ek was baie bang en benoud. 4Toe ek vir julle geleer het en vertel het van Christus, het ek nie slim woorde gebruik sodat julle my moet glo nie. Nee, die Gees van God het sterk in my gewerk. 5Daarom glo julle, maar nie omdat iemand slim woorde gebruik het sodat julle moet dink hy is wonderlik nie. Julle glo omdat julle gesien het hoe sterk God se krag gewerk het.
Die Gees van God vertel van die dinge van God
6Die mense wat God se planne verstaan, weet dat die dinge wat ons sê, baie verstandig is. Maar onthou, ons praat van dinge wat die mense van hierdie wêreld en die mense wat oor die wêreld regeer, nie verstaan nie. Die tyd van die leiers van die wêreld is amper verby. 7Ons vertel vir julle van God se plan. Niemand het iets daarvan geweet nie, net God het daarvan geweet. Voordat God die wêreld gemaak het, het Hy begin om sy plan gereed te maak sodat ons eendag saam met Hom kan wees waar Hy Koning is. 8Nie een van die wêreld se leiers het hierdie plan geken nie. As hulle dit geken het, dan sou hulle nie die Here gekruisig het nie, die Here wat Koning is. 9Die woorde in die Ou Testament is waar. Daar is geskryf:
God het iets gereedgemaak.
Niemand het dit gesien nie,
niemand het daarvan
gehoor nie,
en niemand het daaraan
gedink nie.
Hy het dit gereedgemaak
vir die mense
wat lief is vir Hom.
10God het die Heilige Gees gestuur om hierdie plan vir ons te wys. Die Gees vind alles uit oor alle dinge, ook oor die dinge van God waarvan niemand weet nie. 11Wie ken die dinge wat 'n mens dink? Net die gees van die mens ken dit. Dit is ook so by God: Niemand ken die dinge wat God dink nie, net God se Gees ken dit. 12Maar óns verstaan die dinge wat God vir ons gegee het. Hy het dit gegee omdat Hy genadig is vir ons. Ons verstaan dit omdat God vir ons sý Gees gegee het, nie die gees van die wêreld nie. 13Wanneer ons oor die dinge van God praat, dan gebruik ons nie woorde wat slim mense vir ons geleer het nie, ons gebruik woorde wat God se Gees vir ons geleer het. En so verduidelik ons geestelike dinge vir mense wat die geestelike dinge kan verstaan. 14Iemand wat lewe soos die mense van hierdie wêreld, wil nie die dinge van God se Gees hê nie, want hy dink dit is dom dinge. Hy kan dit nie verstaan nie omdat 'n mens dit geestelik moet verstaan. 15Iemand wat lewe soos die Gees van God wil hê, kan oor enige iets sê of dit reg of verkeerd is. Maar niemand anders kan sê of iemand wat lewe soos die Gees van God wil hê, reg of verkeerd is nie. 16In die Ou Testament is geskryf:
Niemand kan verstaan
wat die Here dink nie,
niemand kan vir Hom sê
wat Hy moet doen nie.
Maar ons, ons verstaan wat Christus dink.

Currently Selected:

1 Korintiërs 2: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy