YouVersion Logo
Search Icon

1 Samuel 29

29
Die Filistyne stuur Dawid terug na Siklag
1Die Filistyne het hulle manne laat bymekaarkom by die stad Afek, en die Israeliete het hulle tente opgeslaan by die fontein naby die stad Jisreël. 2Die leiers van die Filistyne het hulle manne laat verbyloop in groepe. In party groepe was daar 100 manne en in party groepe was daar 1 000 manne. Dawid en sy manne het laaste verbygeloop saam met Akis. 3Die leiers van die Filistyne vra toe: “Hoekom is hierdie Hebreërs hier?”
Akis het vir die leiers gesê: “Dit is Dawid, hy was 'n amptenaar van Saul, die koning van Israel. Hy was 'n lang tyd by my, en hy het niks verkeerd gedoen nie, nooit nie, vandat hy weggegaan het van Saul en na ons toe gekom het.”
4Die leiers van die Filistyne was kwaad vir Akis. Hulle het gesê: “Stuur die man terug na die plek wat jy vir hom gegee het. Hy mag nie saam met ons na die oorlog gaan nie, want miskien sal hy dan teen ons veg. Sy koning sal weer baie van hom hou as hy die koppe van ons manne vir die koning bring. 5Dit is hierdie Dawid oor wie hulle dans en sing en sê:
“ ‘ Saul het duisende manne
oorwin,
maar Dawid het tienduisende
oorwin.’ ”
6Akis het toe vir Dawid geroep en hy het vir Dawid gesê: “So seker soos die Here lewe, jy is 'n goeie man en ek dink dit is reg dat jy saam met my gekom het om oorlog te maak, want jy het niks verkeerd gedoen nie, vandat jy by my gekom het tot vandag toe. Maar die leiers dink dit is nie reg nie. 7Jy moet nou asseblief omdraai en gaan sodat daar vrede kan wees, jy moet niks doen waarvan die leiers van die Filistyne nie hou nie.”
8Dawid het vir Akis gesê: “Maar wat het ek gedoen? Wat het jy gesien wat ek verkeerd gedoen het vandat ek by jou gekom het tot vandag toe? Waarom mag ek nie teen jou vyande gaan veg nie?”
9Akis het vir Dawid gesê: “Ek weet jy was vir my so goed soos 'n engel van God. Maar die leiers van die Filistyne het gesê jy mag nie saam met hulle gaan oorlog maak nie. 10Daarom, jy en jou koning se manne wat saam met jou gekom het, moet vroeg opstaan wanneer dit môre lig word en julle moet teruggaan.”
11Dawid en sy manne het toe vroeg die volgende oggend opgestaan, en hulle het teruggegaan na Filistyne-land. Die Filistyne het na die stad Jisreël gegaan.

Currently Selected:

1 Samuel 29: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy