YouVersion Logo
Search Icon

1 Johannes 1

1
Jesus Christus gee ware lewe
1Ons skryf vir julle oor Jesus Christus. Hy is die Woord wat vir mense ware lewe gee. Toe Hy op die aarde was, het ons gehoor wat Hy sê en ons het Hom self met ons oë gesien. Ja, ons het Hom gesien en ons het met ons hande aan Hom geraak. 2Jesus Christus wat vir ons ware lewe gee, het 'n mens geword. Ons het Hom gesien en ons vertel vir julle en sê Jesus is self die ewige lewe. Hy was by die Vader, maar Hy het 'n mens geword by ons. 3Ons het Hom gesien en ons het gehoor wat Hy sê, en ons vertel ook vir julle van Hom sodat julle en ons aan mekaar kan behoort. Dan behoort ons saam aan die Vader en sy Seun, Jesus Christus. 4Ons skryf al hierdie dinge vir julle en dit maak ons baie bly, ons harte is vol blydskap.
God is lig
5Ons vertel vir julle wat ons by Jesus gehoor het. Hy het gesê God is lig en daar is niks donker in Hom nie. 6As ons sê ons behoort aan God, maar ons lewe in die donker, nie in die lig van God nie, dan lieg ons en dan doen ons nie wat God wil hê nie. 7Maar as ons in die lig lewe, soos God in die lig is, dan behoort ons aan mekaar. Dan reinig die bloed van Jesus, die Seun van God, ons van al ons sonde. 8As ons sê ons doen nie sonde nie, dan bedrieg ons onsself en dan aanvaar ons nie die waarheid nie. 9Maar as ons bely dat ons sonde gedoen het, dan kan ons seker wees dat God sal doen wat Hy belowe het en dat Hy regverdig is. Ja, Hy vergewe ons sondes en Hy reinig ons van alles wat ons verkeerd gedoen het. 10As ons sê ons het nie sonde gedoen nie, dan beteken dit ons sê dat God lieg. Dan aanvaar ons nie wat God vir ons sê nie.

Currently Selected:

1 Johannes 1: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy