YouVersion Logo
Search Icon

1 Korintiërs 5

5
Party mense in die gemeente in Korinte lewe onsedelik. Paulus sê die gemeente moet hulle straf
1Ek het gehoor daar is mense by julle wat onsedelik lewe. Die sonde wat hulle doen, is so groot dat ek dit nie kon glo nie. Ook die heidene dink dit is verkeerd. Ek het gehoor daar is 'n man wat by sy stiefma slaap. 2En julle dink nog altyd julle is beter as ander mense. As julle jammer was oor hierdie sonde, dan was dit beter. Dan sou julle gesê het die man wat hierdie ding doen, mag nie meer aan julle gemeente behoort nie. 3Ek is nie self nou daar by julle nie, maar dit voel of ek daar is. Daarom wil ek praat soos iemand wat daar by julle is. Ek het klaar besluit wat moet gebeur met die man wat hierdie sonde doen. 4Julle is die gemeente wat aan ons Here Jesus behoort, en wanneer julle vergadering hou, dan moet julle weet dat ek ook daar by julle is. Ons Here Jesus sal ook daar wees. Hy het baie krag en Hy sal sy krag vir julle gee. 5Julle moet die man wat hierdie sonde gedoen het vir die Satan gee, dan sal die Satan oor hom regeer. Die Satan sal hom baie swaar laat kry, sodat die Here hom kan red wanneer die dag van die Here kom. 6Julle dink julle is beter as ander mense, en dit is nie mooi nie. Julle weet goed dat 'n bietjie suurdeeg al die deeg suur maak. 7Daarom moet julle die man wat hierdie sonde doen, wegvat uit die gemeente, soos die Israeliete die ou suurdeeg weggevat het uit hulle huise wanneer hulle die Paasfees gevier het. Dan sal julle wees soos brood wat gebak is met vars deeg. En julle is al klaar soos brood wat so gebak is, brood sonder suurdeeg. Dit is omdat ons paaslam klaar gesterf het om ons sonde weg te neem. Ons paaslam is Christus. 8Daarom moet ons hele lewe soos die Paasfees wees. Maar ons moenie lewe soos mense wat die Paasfees vier met ou suurdeeg nie. Want as ons dit doen, dan doen ons slegte en verkeerde dinge. Ons moet lewe soos mense wat die Paasfees vier met ongesuurde brood. Dan sal ons eerlik en reg voor die Here lewe. 9In my ander brief het ek vir julle geskryf dat julle moet wegbly van mense wat onsedelik lewe. 10Maar julle moenie vir my verkeerd verstaan nie. Ek het nie gesê julle moet wegbly van die mense van hierdie wêreld wat onsedelik lewe nie, of van mense wat altyd meer en meer geld en goed wil hê, of van mense wat ander mense aanval en hulle geld vat, of van mense wat afgode aanbid nie. Want as julle van daardie mense wil wegbly, dan sal julle heeltemal uit die wêreld moet weggaan. 11Ek het in daardie brief gesê julle moet wegbly van mense wat sê hulle glo in Christus, maar hulle lewe onsedelik, of hulle wil altyd meer en meer geld en goed hê, of hulle aanbid afgode, of hulle sê lelike dinge van ander mense wat nie waar is nie, of hulle is altyd dronk, of hulle is mense wat ander mense aanval en hulle geld vat. Julle moet wegbly van daardie mense, julle moet ook nie saam met hulle eet nie. 12-13Ek wil nie die mense oordeel wat nie aan die gemeente behoort nie. God sal hulle oordeel. Maar julle moet die mense oordeel wat aan die gemeente behoort. In die Ou Testament is geskryf:
Julle moet 'n slegte mens
afsny van die gemeente.

Currently Selected:

1 Korintiërs 5: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy