YouVersion Logo
Search Icon

1 Korintiërs 10

10
Die gemeente moenie afgode dien nie
1Vriende, ek wil hê dat julle goed moet verstaan wat lank gelede gebeur het. Ons voorouers, die Israeliete, was almal onder die wolk en hulle het almal deur die see geloop. 2Hulle is almal in Moses gedoop: Dit beteken Moses het hulle gelei en hulle het saam met hom onder die wolk en deur die see geloop. 3En almal het dieselfde kos geëet wat God vir hulle gegee het. 4En hulle het almal dieselfde water gedrink wat God vir hulle gegee het. Hulle het gedrink van die water wat uit die rots gevloei het. Dit was 'n rots wat God gegee het, en die rots het saam met die Israeliete gegaan. Die rots was Christus. 5Maar God was nie tevrede met die meeste van die Israeliete nie, want Hy het hulle in die woestyn laat sterf.
6Hierdie dinge het gebeur om vir ons te waarsku. Dit wys vir ons: Ons moenie soos die Israeliete slegte dinge wil hê nie. 7Julle moenie afgode dien nie. Party van die Israeliete het dit gedoen. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is:
Die volk het gaan sit om te eet
en te drink,
en hulle het opgestaan
en wild feesgevier.
8Ons moenie onsedelik lewe nie. Party van die Israeliete het onsedelik gelewe, en toe het daar op één dag 23 000 Israeliete gesterf. 9Ons moenie vir Christus kwaad maak nie. Party van die Israeliete het dit gedoen, en toe het slange hulle doodgepik. 10Ons moenie kla nie. Party van die Israeliete het dit gedoen, en toe het die engel wat mense moet doodmaak, vir hulle doodgemaak.
11Hierdie dinge het met die Israeliete gebeur sodat dit vir ons kan waarsku. Dit is geskryf sodat dit vir ons iets kan leer. Ons moet beter verstaan as die Israeliete, want ons lewe nou in die tyd nádat Christus gekom het. 12Daarom, iemand wat dink dat hy nooit sonde sal doen nie, moet oppas dat hy nie begin om sonde te doen nie. 13Daar gebeur dinge wat vir julle toets, en wat vir julle wil laat ophou om God te dien. Maar julle kan hierdie dinge oorwin. God sal julle altyd help. Hy sal sorg dat hierdie dinge nie sterker is as julle geloof nie. Wanneer die dinge julle wil laat ophou glo, dan sal God julle help om sterk te wees en aan te hou glo.
14Daarom, liewe vriende, julle moet wegvlug van die afgode. 15Ek weet julle is verstandig. Julle moet self besluit of die dinge wat ek nou sê, reg is. 16Wanneer ons by die nagmaal uit die beker drink, dan sê ons dankie dat die Here ons gered het en ons prys Hom. So is ons en Christus saam een, Christus wat sy bloed vir ons gegee het. En wanneer ons die brood eet, dan is ons en Christus saam een, Christus wat sy liggaam vir ons gegee het. 17Daar is één brood. Dit is dieselfde met ons: Ons is baie mense, maar ons is almal saam één liggaam, want ons eet almal saam van die één brood. 18Dit was dieselfde met die Israeliete in die tyd van die Ou Testament. Wanneer hulle van die offer-vleis geëet het, dan het hulle vir God gedien, hulle het aan God behoort. 19Ek sê nie dat die offer-vleis belangrik is of dat die afgode regtig iets beteken nie. 20Maar ek sê dat wanneer die heidene offer, dan dink hulle dat hulle vir 'n god offer, maar hulle offer vir duiwels. En ek wil nie hê dat julle die duiwels moet dien en aan hulle moet behoort nie. 21Julle kan nie uit die nagmaal-beker van die Here drink en ook uit die beker van duiwels nie. Julle kan nie by die nagmaal-tafel van die Here sit en ook by die tafel van duiwels nie. 22As ons dit doen, dan is ons ontrou en ons maak die Here kwaad. En julle weet dat ons nie sterker is as Hy nie.
Ons moet God prys met alles wat ons doen
23Ja, ons is vry om alles te doen, maar daar is dinge wat nie goed is vir ons nie. Ons is vry om alles te doen, maar alles maak nie ons geloof sterk nie. 24Ons moenie selfsugtig wees nie en ons moenie net doen wat vir óns goed is nie. Ons moet doen wat goed is vir ánder mense. 25Julle mag enige vleis eet wat iemand in 'n slaghuis verkoop. Maar julle moenie vra van waar die vleis kom nie, want as julle miskien hoor dit is offer-vleis, dan sal julle dink julle doen sonde om dit te eet. 26Want in die Ou Testament is geskryf:
Die aarde en alles op die aarde
behoort aan die Here.
27Wanneer ongelowiges julle uitnooi om by hulle te eet, en julle wil by hulle eet, dan moet julle alles eet wat hulle vir julle gee. Moenie vra van waar die vleis kom nie, want as julle miskien hoor dit is offer-vleis, dan sal julle dink julle doen sonde om dit te eet. 28Maar wanneer iemand vir julle sê: “Hierdie is offer-vleis,” dan moet julle dit nie eet nie, want dan weet julle dit is 'n probleem vir die persoon wat dit vir julle gesê het. 29Jy dink dit is nie sonde nie, maar die ander persoon dink miskien dit is sonde. Nou vra jy miskien: “Ek mag enige iets eet, hoekom mag ek nie offer-vleis eet nie? Want ék dink nie ek doen sonde nie, dit is die ánder gelowige wat dink dit is sonde. 30Ek het vir die Here dankie gesê vir die kos wat ek eet. Hoekom sê iemand anders ek doen sonde wanneer ek kos eet waarvoor ek vir die Here dankie gesê het?”
31Onthou, julle moet God prys met alles wat julle doen, ook wanneer julle eet of drink. 32Julle moenie só lewe dat dit probleme gee vir Jode of Grieke of vir die mense van God se kerk nie. 33Kyk wat doen ek: Ek probeer altyd om te vra wat vir ánder mense belangrik is. Ek doen nie net dinge wat goed is vir mý nie, ek doen dinge wat goed is vir baie mense, sodat God hulle kan red.

Currently Selected:

1 Korintiërs 10: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy