YouVersion Logo
Search Icon

SAGARIA 3

3
Die vierde visioen: die hoëpriester Jesua
1Die engel het Jesua#3:1a ’n Variante vorm van Josua., die hoëpriester, vir my gewys. Hy het voor die engel van die Here gestaan. Die Satan#3:1b Of Die aanklaer of Die teenstander. het regs van die engel gestaan, besig om Jesua van baie dinge aan te kla. 2Die Here het vir die Satan gesê: “Ek, die Here, verwerp jou aanklagte, Satan. Die Here wat Jerusalem gekies het, bestraf jou. Hierdie man is soos ’n brandende stuk hout wat uit die vuur gered is.”
3Jesua het vuil klere aangehad soos hy daar voor die engel gestaan het. 4Die engel het vir die ander wat daar staan, gesê: “Trek sy vuil klere uit.” Vir Jesua het hy gesê: “Sien jy, ek het jou sonde van jou af weggeneem en ek trek nou vir jou feesklere aan.”
5Toe sê ek: “Kan hy ook ’n skoon tulband op sy kop kry?” Hulle het toe ’n skoon priesterlike tulband op sy kop gesit en nuwe klere vir hom aangetrek terwyl die engel van die Here daar staan.
6Daarna het die engel van die Here baie plegtig met Jesua gepraat en gesê: 7“Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: As jy gehoorsaam is aan my wil en my vereistes nakom, sal jy gesag hê oor my tempel en sy binnehowe. Jy sal toegang tot My hê, saam met die ander wat hier staan. 8Luister na My, Jesua, die hoëpriester, en al jou ander priesters. Julle is die simbole van goeie dinge wat kom. Binnekort gaan Ek my dienaar, die Loot, bring. 9Kyk na die juweel wat Ek voor Jesua neersit, ’n enkele steen met sewe fasette#3:9 Grondteks .. Ek sal iets daarin graveer, sê die Here, die Almagtige, en Ek sal die sonde van hierdie land op een enkele dag wegneem. 10Op daardie dag, sê die Here, die Almagtige, sal elkeen van julle julle bure oornooi na julle huise toe om te deel in julle vrede en voorspoed#3:10 Grondteks nooi om onder julle wingerdstok en vyeboom te sit..”

Currently Selected:

SAGARIA 3: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy