YouVersion Logo
Search Icon

RUT 1

1
Elimelek en sy gesin gaan na Moab
1In die tyd toe die rigters in Israel opgetree het, het ’n man uit Betlehem in Juda uit die land weggetrek omdat daar ’n swaar hongersnood in die land was. Hy en sy vrou en twee seuns het in die land Moab gaan woon. 2Die man se naam was Elimelek en sy vrou was Naomi. Hulle twee seuns se name was Maglon en Kiljon. Hulle was Efratiete uit Betlehem in die land Juda. Hulle het in Moab aangekom. Terwyl hulle daar gewoon het, 3is Elimelek dood en het Naomi met haar twee seuns agtergebly. 4Albei seuns het met Moabitiese vroue getrou. Die een se naam was Orpa en die ander een s’n was Rut. Hulle het ongeveer tien jaar lank daar gebly. 5In hierdie tyd is Maglon en Kiljon ook dood. Naomi het alleen agtergebly, sonder ’n man en sonder seuns.
Rut gaan saam met Naomi
6Naomi het daar in Moab gehoor dat die Here sy volk in Juda met goeie oeste geseën het. Toe het Naomi en haar twee skoondogters klaargemaak om uit Moab na Juda toe terug te trek. 7Sy en haar skoondogters het uit die plek waar sy gebly het, vertrek op pad terug na Juda toe.
8Naomi sê toe vir haar twee skoondogters: “Moenie verder saam met my gaan nie. Gaan liewer terug na julle ouerhuise toe. Mag die Here julle beloon vir die liefde wat julle aan my en my seuns betoon het. 9Mag die Here weer vir julle elkeen ’n man en ’n huis gee.”
Toe sy van hulle afskeid neem, het hulle in trane uitgebars.
10Die skoondogters sê toe: “Nee, ons wil saam met u teruggaan na u mense toe.”
11Maar Naomi antwoord: “Gaan tog terug, my dogters. Hoekom sou julle saam met my gaan? Ek kan tog nie meer seuns in die wêreld bring wat kan grootword om julle mans te wees nie. 12Nee, my dogters, gaan eerder terug na julle ouerhuise toe, want ek is te oud om weer te trou. Selfs al sou dit moontlik wees en ek vanaand by ’n man slaap en geboorte gee aan kinders, 13sal julle kan wag totdat hulle groot is? Sal julle tot dan toe ongetroud kan bly? Natuurlik nie, my dogters! Dit is vir my baie swaarder as vir julle, want die Here het baie swaarkry oor my laat kom.”
14Die skoondogters het weer begin huil. Orpa het van haar skoonma afskeid geneem, maar Rut wou nie gaan nie. 15“Kyk,” sê Naomi vir haar, “jou skoonsuster het teruggegaan na haar mense en na haar gode toe. Gaan jy nou ook maar saam met haar terug.”
16Maar Rut antwoord: “Moenie my probeer oorreed om van Ma af weg te gaan nie.
Waarheen u ook al gaan,
sal ek gaan.
Waar u gaan woon,
sal ek ook woon.
Ma se mense
is ook my mense.
U God is ook my God.
17Waar u doodgaan,
sal ek ook doodgaan
en daar begrawe word.
Mag die Here dit so laat gebeur. Net die dood sal ons skei.”
18Naomi het besef dat Rut vas besluit het om saam met haar te gaan. Daarom het sy opgehou om haar te probeer oorreed.
Die vroue kom in Betlehem aan
19Die twee het toe hulle reis voortgesit na Betlehem toe. Toe hulle in Betlehem aankom, was daar ’n opskudding in die dorp oor hulle aankoms. “Is dit dan nie Naomi nie?” het die vroue gevra.
20“Moet my nie meer Naomi#1:20a Naomi beteken mooi of aangenaam. noem nie,” sê sy vir hulle. “Noem my nou liewer Mara#1:20b Mara beteken bitter., want die Almagtige het my lewe bitter gemaak. 21Ek het vol hier weggegaan, maar die Here het my leeg laat terugkom. Hoekom sal julle my nog Naomi noem as die Here teen my gedraai het en die Almagtige soveel ellende oor my laat kom het?”
22So het Naomi uit Moab teruggekom met haar skoondogter Rut, die jong Moabitiese vrou, by haar. Dit was met die begin van die garsoes dat hulle in Betlehem aangekom het.

Currently Selected:

RUT 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy