YouVersion Logo
Search Icon

ROMEINE 16

16
Paulus groet sy medegelowiges in Rome
1Ons suster Febe sal julle binnekort besoek. Ek beveel haar sterk by julle aan. Sy doen dienswerk in die gemeente van Kengreë. 2Ontvang haar by julle op ’n manier wat by Christene pas. Wees vir haar beskikbaar en help haar in alles wat sy dalk nodig kry. Sy is ’n staatmaker wat al baie gelowiges ondersteun het – ook vir my.
3Groete vir Priscilla en Akwila. Hulle was my medewerkers in Christus Jesus se diens. 4Wat meer is, hulle het hulle lewens vir my op die spel geplaas. Dis nie net ek wat hulle dankbaar bly nie, maar ook al die gemeentes onder die nie-Joodse nasies. 5Groete ook aan die gemeente wat in hulle huis bymekaarkom.
Groete vir my geliefde vriend Epenetus. Hy was die heel eerste persoon#16:5 Grondteks eerste vrug van die oes. in die Romeinse provinsie Asië wat tot die Christelike geloof gekom het. 6Groete vir Maria wat so hard in julle belang gewerk het. 7Groete ook vir Andronikus en Junia#16:7a Sommige manuskripte het die manlike vorm Junias., my mede-Jode, wat saam met my in die tronk was. Hulle is hoogaangeskrewe by die apostels#16:7b Of onder die apostels., en was reeds voor my Christene#16:7c Of in Christus.. 8Gee ook my groete aan Ampliatus, my geliefde Christenvriend. 9Groete ook vir Urbanus, ons medewerker in diens van Christus en my geliefde vriend Stagis.
10Groete aan Apelles, beproefde Christen wat hy is. Groete aan die lede van die huis van Aristobulus. 11Groete ook vir Herodion, my mede-Jood. Groete aan die Christene uit die huis van Narsissus. 12Groete aan Trifena en Trifosa, ywerige werkers vir die Here, en aan ons geliefde vriendin Persis wat so hard vir die Here gewerk het. 13Groete vir Rufus, uitverkorene van die Here, en sy ma wat ook vir my ’n ma was.
14Dra ook my groete oor aan Asinkritus, Flegon, Hermes, Patrobas, Hermas en die broers en susters#16:14, 17 Grondteks broers. daar by hulle. 15My groete ook aan Filologus en Julia#16:15 Of Julias., Nereus en sy suster, asook aan Olimpas en al die ander Christene wat daar by hulle is. 16Groet mekaar met die soen van Christelike liefde. Al die gemeentes van Christus stuur vir julle groete.
Finale opdragte
17Nog ’n laaste beroep op julle, broers en susters#16:14, 17 Grondteks broers.. Wees op die uitkyk vir mense wat verdeeldheid veroorsaak en Christene se geloof ondergrawe deur dinge te verkondig wat bots met dit wat julle geleer het. Vermy hulle. 18Sulke mense dien nie vir Christus ons Here nie, maar hulle eie persoonlike belange. Deur hulle mooipraatjies en vleitaal mislei hulle naïewe mense. 19Almal weet egter van julle gehoorsaamheid aan die Goeie Nuus. Ek verheug my oor julle en ek wil graag hê dat julle duidelik sal besef wat goed is en dat julle nie slim sal wees wat die verkeerde betref nie. 20Die God van vrede sal Satan binnekort onder julle voete verpletter. Mag die genade#16:20 Of onverdiende goedheid. van ons Here Jesus met julle wees.
21Timoteus, my medewerker, en Lucius, Jason en Sosipater, my volksgenote, stuur vir julle groete.
22Ek, Tertius, wat hierdie brief neergeskryf het, stuur vir julle Christengroete.
23Gaius sê ook vir julle groete. Hy is my gasheer en hy stel ook sy huis vir die hele gemeente beskikbaar. Erastus, die stadstesourier, stuur vir julle sy groete; ook ons broer Kwartus.#16:23 Sommige manuskripte het ook ’n vers 24 Mag die genade van ons Here Jesus Christus met julle almal wees. Amen.
25God is magtig om julle te laat vasstaan volgens die Goeie Nuus aangaande Jesus Christus wat ek verkondig en ook volgens die plan wat God nou bekendgestel het. Hierdie plan het eeue lank geheim gebly, 26maar is nou onthul. Soos deur die profete#16:26 Of profetiese geskrifte. voorspel en in opdrag van die ewige God, is dit aan alle volke bekendgemaak sodat hulle kan glo en die Goeie Nuus kan gehoorsaam. 27Aan dié God wat enkel en alleen die ware wysheid is, kom die heerlikheid toe, deur Jesus Christus, vir altyd en altyd. Amen.

Currently Selected:

ROMEINE 16: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy