YouVersion Logo
Search Icon

OPENBARING 7

7
God laat die 144 000 op hulle voorkoppe merk
1Hierna het ek vier engele by die vier hoeke van die aarde sien staan. Hulle het die vier winde van die aarde teruggehou sodat geen wind op die land of op die see of teen enige boom waai nie. 2Ek het ook ’n ander engel sien naderbeweeg van die kant waar die son opkom, terwyl hy ’n seël van die lewende God vashou. Hy het met ’n kragtige stem geroep na die vier engele wat toegelaat is om die land en see skade aan te doen, en 3gesê: “Moenie skade doen aan die land of die see of die bome nie, totdat ons die diensknegte van God met ’n seël op hulle voorkoppe gemerk het.”
4Ek het toe gehoor wat die getal is van dié wat met ’n seël op hulle voorkoppe gemerk is: daar was 144 000 gemerktes, afkomstig uit al die stamme van Israel: 5Uit die stam van Juda was daar 12 000 wat met die seël op hulle voorkoppe gemerk is; uit die stam Ruben 12 000; uit die stam Gad 12 000; 6uit die stam Aser 12 000; uit die stam Naftali 12 000; uit die stam Manasse 12 000; 7uit die stam Simeon 12 000; uit die stam Levi 12 000; uit die stam Issaskar 12 000; 8uit die stam Sebulon 12 000; uit die stam Josef 12 000, en uit die stam Benjamin was daar 12 000 wat met ’n seël gemerk is.
Die skare verlostes met wit klere
9Hierna het ek gekyk, en werklikwaar – daar was ’n reuse skare mense wat niemand eers kon tel nie. Hulle het gekom uit elke nasie, stam, volk en taalgroep, en het voor die troon en voor die Lam gaan staan. Hulle het wit klere aangehad, met palmtakke in hulle hande. 10Met ’n kragtige stem het hulle uitgeroep:
“Ons verlossing is te danke aan God
wat op die troon sit en aan die Lam!”
11Al die engele het ook rondom die troon gaan staan, asook die ouderlinge en die vier lewende wesens. Hulle het toe op hulle gesigte neergeval voor die troon en God aanbid 12en gesê:
“Amen, die lofprysing
en die heerlikheid,
die wysheid, die dank
en die eerbetoning,
die mag en die sterkte
behoort aan ons God
vir altyd.
Amen!”
13Een van die ouderlinge reageer toe en vra my: “Hierdie mense wat wit klere aanhet, wie is hulle en waarvandaan kom hulle?”
14Ek het aan hom gesê: “Meneer, u is die een wat weet.”
Daarop sê hy vir my: “Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hulle klere wit gewas in die bloed van die Lam.
15Daarom staan hulle
voor die troon van God
en dien hulle Hom dag en nag
in sy tempel;
en Hy wat op die troon sit,
sal sy tentwoning
oor hulle span.
16Hulle sal nie meer honger
of dors word nie;
die son sal nie op hulle
neerskroei nie
en ook nie ’n hittegloed nie.
17Die Lam wat in die middel
by die troon staan,
sal hulle soos ’n herder lei
en hulle na die waterfonteine
van die lewe#7:17 Of na die lewegewende waterfonteine. bring;
en God sal elke traan van hulle
oë afdroog.”

Currently Selected:

OPENBARING 7: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy