YouVersion Logo
Search Icon

OPENBARING 5

5
Die Lam is waardig om die boekrol se seëls oop te breek
1Ek het toe in die regterhand van Hom wat op die troon sit, ’n boekrol gesien, vol geskryf aan die binne- én die buitekant, en deur sewe seëls deeglik verseël. 2Ek het ook ’n sterk engel gesien wat met ’n kragtige stem uitroep: “Wie is waardig genoeg om die boekrol oop te maak deur die seëls daarvan te breek?” 3Maar niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde was in staat om die boekrol oop te maak of daarin te kyk nie.
4Ek het toe bitterlik gehuil omdat niemand gekry is wat waardig genoeg is om die boekrol oop te maak om daarin te kyk nie. 5Toe sê een van die ouderlinge egter vir my: “Hou op huil! Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die nakomeling#5:5 Grondteks wortel. van Dawid, het oorwin en kan die boekrol en sy sewe seëls oopmaak.”
6Toe het ek tussen die troon en die vier lewende wesens en tussen die ouderlinge ’n Lam sien staan, soos Een wat geslag is. Hy het sewe horings en sewe oë gehad, dit is die sewe Geeste van God wat uitgestuur is oor die hele aarde. 7Hy het toe vorentoe getree en die boekrol geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit.
8Net toe Hy die boekrol vat, het die vier lewende wesens en die 24 ouderlinge in aanbidding voor die Lam neergeval. Elkeen het ’n siter en ’n goue bak vol wierook vasgehou, dit is die gebede van die gelowiges#5:8 Grondteks heiliges.. 9Toe sing hulle ’n nuwe lied met dié woorde:
“U is waardig genoeg
om die boekrol te neem
en sy seëls te breek
omdat U geslag is
en met u bloed
mense vir God vrygekoop het,
uit elke geslag en taalgroep,
volk en nasie.
10U het hulle vir ons
tot konings en priesters
gemaak.”
11Toe het ek gekyk en ek het die stemme gehoor van baie engele wat rondom die troon gestaan het, asook van die lewende wesens en ouderlinge. Hulle getal was tienduisende, eintlik miljoene der miljoene. 12Hulle het in ’n magtige koor#5:12 Grondteks met ’n groot stem. gesing:
“Die Lam wat geslag is,
is waardig genoeg
om die mag en rykdom,
die wysheid en sterkte,
die eer, heerlikheid
en lofprysing te ontvang.”
13Die hele skepping – in die hemel, op die aarde en onder die aarde, op die see en alles wat in hulle bestaan, het ek hoor sê:
“Aan Hom wat op die troon sit
en aan die Lam,
kom toe die lofprysing
en die eerbetoning,
die heerlikheid
en die krag
vir altyd en altyd.”
14Die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” En die ouderlinge het neergeval en Hom begin aanbid.

Currently Selected:

OPENBARING 5: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy