YouVersion Logo
Search Icon

OPENBARING 15

15
Die oorwinningslied van Moses en van die Lam
1Ek het toe ’n ander groot en uitsonderlike teken in die hemel gesien: sewe engele wat die sewe laaste plae hou waarmee God se toorn ten volle verwerklik was. 2Toe het ek iets soos ’n spieëlgladde see gemeng met vuur gesien. Die oorwinnaars oor die monster en sy standbeeld, en die getal van sy naam, het by die spieëlgladde see gestaan met die siters wat God aan hulle gegee het. 3Hulle sing die lied van Moses, die dienskneg van God. Dit is ook die lied van die Lam, wat só lui:
“Groot en uitsonderlik is u dade,
Here God, die Almagtige.
Regverdig en betroubaar is u paaie,
Koning van die nasies.
4Wie sal nie ontsag vir U hê nie, Here,
en nie u Naam verheerlik nie?
U alleen is heilig!
Al die nasies sal kom
en voor U in aanbidding neerval,
want u regverdige dade
het sigbaar geword.”
Sewe bakke vol kole van oordeel word op die aarde uitgegooi
5Hierna het ek gesien hoe die tempel in die hemel, die tent van getuienis, oopgemaak word, 6en die sewe engele wat die sewe plae hou, het uit die tempel na vore getree. Hulle het helder wit linneklere aangehad, elkeen met ’n goue band om die bors. 7Een van die vier lewende wesens het toe aan die sewe engele sewe goue bakke gegee, vol gemaak met die toorn van God – Hy wat vir altyd lewe. 8Die tempel het toe van God se heerlikheid en krag vol rook geword. Niemand kon in die tempel ingaan totdat die sewe plae van die sewe engele voltrek was nie.

Currently Selected:

OPENBARING 15: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy