YouVersion Logo
Search Icon

FILIPPENSE 2

2
Wees eensgesind en sien in nederigheid na mekaar om
1Julle is mos deur Christus bemoedig en deur sy liefde getroos! Julle het die gemeenskap beleef wat die Gees bewerk! Julle weet wat omgee en meelewing beteken! 2Maak my dan nou heeltemal bly deur eensgesind te wees – één in liefde, één in hart en één in doel.
3Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. 4Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.
Volg Jesus Christus se voorbeeld
5Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees:
6Alhoewel Hy self#2:6 Of in die gestalte van. God was,
het Hy nie vasgeklou
aan die Goddelikheid wat Hom
toekom nie,
7maar Hy het dit prysgegee:
Hy het ’n slaaf geword
en aan mense gelyk geword.
En toe Hy as mens geleef het,
8het Hy Homself
nog verder verneder
deur tot die dood toe
gehoorsaam te wees,
ja, tot die kruisdood toe!
9Daarom het God Hom ook
tot die hoogste posisie#2:9 Of eer. verhoog
en aan Hom die Naam gegee
wat belangriker is
as elke ander naam.
10Só sal by die noem
van Jesus se heerlike Naam
elke knie in die hemel
en op die aarde
en onder die aarde buig,
11en elke tong sal bely:
“Jesus Christus is Here!”
En só sal God die Vader
verheerlik word!
Julle moet ligdraers in ’n donker wêreld wees
12My geliefdes, julle was altyd baie gehoorsaam toe ek by julle was. Noudat ek weg is, moet julle nog meer gehoorsaam wees. Vol ontsag en eerbied vir God moet julle voortgaan om aan julle verlossing gestalte te gee. 13Dis mos God wat die gewilligheid en die vermoë in julle bewerk om te handel volgens wat Hy graag wil hê!
14Doen alles sonder kla of teëpraat. 15Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan. Julle sal skoon lewe in ’n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre 16deur noukeurig te leef volgens die boodskap wat tot die lewe lei#2:16a Of woord van die lewe.. Dan, wanneer Christus terugkom#2:16b Of op die Dag van Christus., sal ek tevrede wees dat ek nie verniet gejaag en geswoeg het nie. 17Selfs al word my lewe soos ’n drankoffer uitgegiet bo-op die offer van julle gelowige diens aan God, is ek bly daaroor en wil ek saam met julle almal bly wees daaroor. 18Laat my vreugde hieroor ook julle vreugde wees!
Timoteus gaan Filippi toe
19Ek hoop om, as die Here Jesus wil, binnekort vir Timoteus na julle toe te stuur. Dit sal my#2:19 Of my siel. goeddoen as ek weet hoe dit met julle gaan. 20Ek beskou Timoteus immers as die enigste persoon wat met ’n opregte gesindheid aan julle belange aandag sal gee. 21Al die ander soek net hulle eie belang en nie dit wat vir Jesus Christus saak maak nie. 22Julle weet egter hoe Timoteus homself bewys het. Soos ’n seun sy pa help, het hy saam met my gewerk om die Goeie Nuus#2:22 Of evangelie. uit te dra. 23Ek hoop om juis hóm na julle toe te stuur sodra ek duidelikheid het oor my eie posisie. 24Ek vertrou dat, as die Here wil, ek self ook binnekort na julle toe sal kan kom.
Epafroditus gaan Filippi toe
25Ek het gedink ek behoort Epafroditus, my broer, medewerker en medestryder, wat deur julle gestuur is om my in my nood by te staan, na julle toe terug te stuur. 26Hy verlang baie na julle almal en was bekommerd omdat julle gehoor het dat hy siek is. 27Hy was regtig doodsiek, maar God het genade#2:27 Of onverdiende goedheid. aan hom bewys – nie net aan hom nie, maar ook aan my – sodat ek nie nog groter hartseer sou moes verduur nie.
28Ek stuur hom dus sommer dadelik terug sodat julle, wanneer julle hom sien, bly kan wees en ek minder bekommerd. 29Verwelkom hom dan in die Here met volle blydskap en respekteer mense soos hy, 30want vir die werk van Christus het hy by die dood omgedraai. Hy het sy lewe gewaag om my namens julle te help.

Currently Selected:

FILIPPENSE 2: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy