YouVersion Logo
Search Icon

FILIPPENSE 1

1
Paulus en Timoteus skryf aan die gelowiges in Filippi en stuur ’n seëngroet
1Hierdie brief kom van Paulus en Timoteus, diensknegte van Christus Jesus.
Ons skryf aan al God se mense#1:1a Grondteks al die heiliges. in Filippi, al die Christene#1:1b Grondteks almal in Christus Jesus., ouderlinge#1:1c Of opsieners. en diakens ingesluit.
2Die genade#1:2, 7a Of onverdiende goedheid. en die vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus sal met julle wees.
Paulus dank God vir die gemeente
3Elke keer as ek aan julle dink, dank ek God. 4Ek bid altyd in al my gebede met blydskap vir julle almal 5omdat julle, van die eerste dag wat julle die Goeie Nuus#1:5, 7b, 16 Of die evangelie. gehoor het, tot vandag toe saamgewerk het om dit verder uit te dra.
6Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom.
7Dit is vanselfsprekend dat ek so oor julle almal voel omdat julle my na aan die hart lê. Julle almal deel saam met my in God se genade#1:2, 7a Of onverdiende goedheid. – wanneer ek in die tronk sit én wanneer ek die waarheid van die Goeie Nuus#1:5, 7b, 16 Of die evangelie. verdedig en bevestig. 8God kan getuig hoe ek na julle almal verlang. Ek gee vir julle om met die liefdevolle deernis van Christus Jesus!
9Ek bid dat julle liefde vir mekaar meer en meer sal word deurdat julle ’n al beter begrip en ’n fyn aanvoeling ontwikkel.
10Dit sal julle in staat stel om dié dinge te onderskei wat regtig saak maak. Dit sal julle ook help om skoon#1:10 Of rein. en onberispelik te lewe tot op die dag wanneer Christus terugkom.
11Dan sal julle hele lewe vol wees van die goeie gevolge#1:11 Grondteks vrug. van julle gehoorsaamheid aan die wil van God – goeie gevolge wat Jesus Christus bewerk het. God sal daarvoor geëer en geprys word!
Christus word gepreek, selfs in die tronk
12Julle moet weet, broers en susters#1:12a Grondteks broers., dat dit wat met my gebeur het, gelei het tot bevordering van die Goeie Nuus#1:12b Grondteks die evangelie.. 13Dit het vir almal hier, ook vir die soldate van die paleiswag#1:13 Of praetorium., duidelik geword dat ek in die tronk is ter wille van Christus. 14En die meerderheid mede-gelowiges#1:14 Grondteks broers in die Here. hier is só deur my gevangenskap in hulle vertroue in die Here versterk dat hulle dit al hoe meer waag om oor die boodskap van God te praat sonder om bang te wees.
15Daar is wel sommige wat dit doen omdat hulle jaloers is of iets teen my het, maar daar is ook ander wat Christus met goeie bedoelings bekendmaak. 16Hulle doen dit uit liefde omdat hulle weet dat ek hier is om die Goeie Nuus#1:5, 7b, 16 Of die evangelie. te verdedig. 17Maar dié wat in eiebelang Christus verkondig, doen dit met onsuiwer motiewe. Hulle bedoeling is om die swaarkry van my gevangenskap nog swaarder te maak. 18Maar wat maak dit saak? Of hulle motiewe nou onsuiwer of suiwer is – die feit is dat Christus op allerhande maniere verkondig word, en daaroor is ek baie bly!
Paulus se lewe vir Christus
My blydskap sal ook voortduur, 19want ek weet dat deur julle voorbidding en die hulp van die Gees van Jesus Christus alles op my vrylating sal uitloop. 20Dit is my strewe en hoop dat ek nooit iets sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil eerder, soos nog altyd, ook nou in my hele bestaan – of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik. 21Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins. 22As ek aanhou lewe, kan ek vrugbaar werk. Ek weet regtig nie wat om te kies nie! 23Ek is in ’n tweestryd. Aan die een kant verlang ek om te vertrek#1:23 Of losgemaak te word. en bý Christus te wees, want dit is vir my verreweg die beste. 24Aan die ander kant is dit vir julle belangriker dat ek bly lewe.
25Dit weet ek vas en seker: my blywende betrokkenheid by julle almal sal daartoe lei dat julle groei en blydskap in julle geloof sal beleef. 26Dan, wanneer ek weer by julle is, sal julle nog meer rede hê om dit wat Christus Jesus deur my gedoen het, te besing#1:26 Of te roem oor wat Christus Jesus deur my gedoen het..
’n Leefstyl wat pas by die Goeie Nuus
27Hoofsaak is dat julle leefstyl#1:27a Of julle lewe as burgers. moet pas by die Goeie Nuus#1:27b Of die evangelie van Christus. Só sal ek dan as ek kom, sién of as ek nie kan kom nie, hóór dat julle met één gees vasstaan en soos ’n span eendragtig saamveg vir ons geloof in die evangelie. 28Ek sal hoor dat teenstanders julle glad nie afskrik nie. Vir hulle is dit ’n bewys dat hulle verlore gaan#1:28 Of teken van hulle verwoesting., maar vir julle is dit ’n bewys dat God self julle red! 29Aan julle is immers die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly. 30Julle voer dieselfde stryd wat julle my vroeër sien stry het. En soos julle gehoor het, duur my stryd nog steeds voort.

Currently Selected:

FILIPPENSE 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy