YouVersion Logo
Search Icon

FILEMON 1

1
Paulus en Timoteus skryf aan Filemon en dié by hom, en stuur ’n seëngroet
1Hierdie brief kom van Paulus. Ek is ’n gevangene ter wille van Christus Jesus. Ons broer Timoteus skryf hierdie brief saam met my.
Ons skryf aan Filemon, ons geliefde vriend en medewerker, 2asook aan ons suster Affia, aan Argippus, ons medesoldaat, en aan die gemeente wat in jou huis bymekaarkom.
3Mag die genade#1:3 Of onverdiende goedheid. en die vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus met julle wees.
Dank aan God oor Filemon
4Filemon, ek dank my God altyd wanneer ek in gebed aan jou dink, 5want ek hoor van jou liefde vir al God se mense#1:5, 7 Grondteks die heiliges. en van jou getrouheid aan die Here Jesus Christus.
6Ek bid dat die geloof wat ons met mekaar deel, jou ’n diep insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen. 7Broer, jou liefde het my bly gemaak en my bemoedig, omdat jy die harte van God se mense#1:5, 7 Grondteks die heiliges. so dikwels verkwik het.
Ontvang Onesimus soos ’n broer terug
8In my verbondenheid aan Christus#1:8 Grondteks in Christus. het ek volle vrymoedigheid om vir jou te sê wat jy moet doen. 9Tog wil ek, Paulus, ’n ou man, en nou ook nog ’n gevangene ter wille van Christus Jesus, eerder ’n beroep op jou liefde doen.
10Ek pleit by jou vir my kind Onesimus. Ek het hom hier in die tronk tot bekering gelei#1:10 Of hier in die tronk sy geestelike vader geword.. 11Hy was voorheen vir jou niks werd nie#1:11a Grondteks vir jou onbruikbaar., maar nou is hy vir jou en ook vir my baie bruikbaar#1:11b Onesimus beteken bruikbaar.. 12Ek stuur hom na jou toe terug. Hy is my hart se punt.#1:12 Grondteks Hy is my ingewande. 13Eintlik sou ek, terwyl ek in boeie is omdat ek die Goeie Nuus verkondig#1:13 Grondteks in die boeie van die evangelie is., hom graag hier by my wou hou sodat hy my namens jou kan help. 14Ek wou egter eers met jou daaroor praat sodat die goeie dinge wat jy doen, nie afgedwing word nie, maar vrywillig kan wees.
15Dalk móés Onesimus ’n rukkie#1:15 Grondteks ’n uur. van jou af weg wees sodat jy hom vir ewig kan terugkry, 16nie langer as ’n slaaf nie, nee, méér as ’n slaaf, as ’n geliefde broer! Dis wat hy veral vir my beteken; hoeveel te meer sal hy as mens én as Christen#1:16 Grondteks in liggaam en in die Here., dit nie vir jou beteken nie!
17Aangesien jy my dan as vennoot beskou, verwelkom hom soos jy my sou verwelkom.
18As hy jou enige skade aangedoen het, of jou iets skuld, sit dit op my rekening. 19Ek, Paulus, skryf hier met my eie hand: “Ek sal betaal.” Ek hoef nie te noem dat jy my eintlik jou lewe skuld nie!
20Asseblief, broer, bewys aan my hierdie guns omdat ons aan die Here verbonde#1:20a Grondteks in die Here. is. Verkwik my hart omdat jy ’n Christen#1:20b Grondteks in Christus. is.
21Ek skryf aan jou in die vertroue dat jy sal doen wat ek vra. Ek weet dat jy selfs méér as dit sal doen.
22Terwyl ek nou vra, reël asseblief vir my verblyf, want ek hoop om danksy julle gebede vrygelaat te word#1:22 Of aan julle teruggegee te word..
Groete
23Epafras, wat saam met my ’n gevangene ter wille van Christus Jesus is, stuur vir julle groete.
24Ook Markus, Aristargus, Demas en Lukas, my medewerkers, stuur groete.
25Mag die Here Jesus Christus se genade julle geestelik versterk!

Currently Selected:

FILEMON 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy