YouVersion Logo
Search Icon

NUMERI 26

26
’n Tweede sensus
1Die Here het toe vir Moses en die priester Eleasar, seun van Aäron, gesê: 2“Tel almal bo twintig jaar in die gemeenskap van Israel volgens hulle families om te bepaal hoeveel van hulle oorlog kan maak.” 3Hulle was op die vlakte van Moab, langs die Jordaan, reg teenoor Jerigo. Moses en die priester Eleasar het toe opdrag gegee: 4“Tel almal ouer as twintig jaar wat oorlog toe kan gaan, soos die Here vir Moses gesê het.”
Hier is die getalle van die Israeliete wat uit Egipte weg is:
Stam van Ruben
5Die Rubenfamilies wat afgestam het van Ruben, oudste seun van Jakob, was: Die Ganokgroep vernoem na Ganok, die Palluïete vernoem na Pallu. 6Die Gesroniete en die Karmïete. 7Die Rubenfamilies was altesaam 43 730 man. 8Pallu se seun was Eliab, 9en sy seuns was Nemuel, Datan en Abiram. Datan en Abiram was die leiers wat teen Moses en Aäron in opstand gekom het. 10Die grond het onder hulle oopgegaan en hulle saam met Korag ingesluk. Die vuur het 250 van sy meelopers verbrand. Dit was ’n waarskuwing vir Israel. 11Korag se seuns het egter nie gesterf nie.
Stam van Simeon
12Die groepe wat uit Simeon gebore is, was die groep van Jemuel, Jamin, Jakin, 13Serag en Saul. 14Die groep uit Simeon was altesaam 22 200.
Stam van Gad
15Die Gadfamilies was die Sifjongroep vernoem na Sifjon, die Gaggigroep vernoem na Gaggi, die Sunigroep vernoem na Suni, 16die Osnigroep vernoem na Osni, die Erigroep vernoem na Eri, 17die Arodgroep vernoem na Arod en die Areligroep vernoem na Areli. 18Die Gadgroepe was in totaal 40 500.
Stam van Juda
19Juda het twee seuns gehad: Er en Onan. Hulle is vroeër reeds in Kanaän dood. 20Uit die seuns van Juda wat bly leef het, het die volgende groepe gekom, naamlik dié van Sela, Peres en Serag. 21Die Peresgroep het weer bestaan uit die families Gesron en Gamul. 22Die Judafamilies was altesaam 76 500 man.
Stam van Issaskar
23Van Issaskar het die groepe van Tola, Puwwa, 24Jasub en Simron gekom. 25Die Issaskargroepe was 64 300.
Stam van Sebulon
26Sebulon se nasate het bestaan uit die groepe van Sered, Elon en Jagleël. 27Die Sebulonfamilies was altesaam 60 500 man.
Stam van Manasse
28Uit Josef het twee groepe gekom, dié van Manasse en dié van Efraim. 29Uit die Manassegroep het die mense van Makir en die voorvader van Gilead gekom. 30Die families van Gilead was Iëser, Gelek, 31Asriël, Sekem, 32Semida, Gefer 33en Selofgad. Selofgad, die seun van Gefer, het nie seuns gehad nie. Hy het wel dogters gehad. Hulle name was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. 34Die mans van die Manassegroepe was altesaam 52 700.
Stam van Efraim
35Die Efraimgroepe was dié van Sutelag, Beker en Tagan. 36Uit die Sutelaggroep het die familie van Eran gekom. 37Die Efraimgroepe het 32 500 getel. Hierdie groepe van Manasse en Efraim het almal van Josef gekom.
Stam van Benjamin
38Uit Benjamin het die groepe van Bela, Asbel, Agiram, 39Sefufam en Gufam afgestam. 40Van Bela het die families van Ard en Naäman gekom. 41Hierdie groepe uit Benjamin was 45 600.
Stam van Dan
42Van Dan se stam het die groep van Sugam gekom. 43Die Sugamgroep was die enigste nageslag van Dan. Hulle was 64 400.
Stam van Aser
44Die groepe uit Aser was die families van Jimna, Jiswi en Beria. 45Die Beriagroep het bestaan uit die families van Geber en Malkiël. 46Aser het ook ’n dogter gehad met die naam Serag. 47Die groepe uit Aser was in geheel 53 400.
Stam van Naftali
48Die groepe uit Naftali was dié van Jagseël, Guni, 49Jeser en Sillem. 50Die groepe van Naftali was altesaam 45 400 man.
51Die totale aantal mans wat getel is in Israel was 601 730.
Verdeling van die land
52Die Here het toe vir Moses gesê: 53“Verdeel nou die land tussen die groepe wat julle getel het volgens elkeen se grootte. 54Gee vir die groter groepe groter eiendom en aan die kleiner groepe kleiner eiendom, elkeen volgens getal. 55Verdeel die land deur te loot. Elke stam moet eiendom ontvang volgens hulle telling. 56Bepaal vir elkeen waar sy eiendom is deur tussen die groter en die kleiner stamme te loot.”
Stam van Levi
57Die stam van Levi wat getel is, was die groepe van Gerson, Kehat en Merari. 58Hulle kleiner families was dié van Libni, Hebron, Magli, Musi en Korag. Kehat was die voorvader van Amram. 59Die naam van Amram se vrou was Jogebed. Sy was ook uit die nageslag van Levi. Sy is in Egipte gebore. Haar en Amram se kinders was Aäron en Moses en hulle suster Mirjam. 60Aäron was die pa van Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar. 61Nadab en Abihu is egter dood toe hulle verkeerde vuur na die altaar toe gebring het.
62Die Leviete ouer as ’n maand was in totaal 23 000. Hulle is nie by die res van die Israeliete getel nie. Hulle het ook nie saam met die ander Israeliete grond gekry nie.
63Dit is dan die mense wat Moses en die priester Eleasar getel het in die Moabsvlakte by die Jordaan reg teenoor Jerigo. 64Nie een van hulle was deel van die Israeliete wat Moses en die priester Aäron voorheen in die Sinaiwoestyn getel het nie. 65Die Here het vir daardie Israeliete toe al gesê dat hulle in die woestyn sal doodgaan. Dit was net Kaleb, die seun van Jefunne, en Josua, die seun van Nun, wat oorgebly het.

Currently Selected:

NUMERI 26: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy