YouVersion Logo
Search Icon

MARKUS 1

1
Johannes die Doper maak die pad vir die Seun van God gereed
1Hier begin die Goeie Nuus aangaande Jesus Christus, die Seun van God#1:1 By sommige manuskripte ontbreek die Seun van God..
2In die boek van die profeet Jesaja staan geskryf:
“Kyk, Ek stuur my boodskapper
voor jou uit.
Hy sal die pad vir jou
regmaak.#1:2 Mal 3:1. Die klem val egter sterker op die Jesajaprofesie, en daarom word verwys na die boek van die profeet Jesaja.
3Hy is ’n stem wat uitroep
in die woestyn:
‘Kry die Here se pad gereed.
Maak vir Hom ’n hoofweg.’#1:3 Jes 40:3.
4Hierdie boodskapper was Johannes die Doper. Hy het in die woestyn opgetree en gepreek dat die mense hulle moes laat doop as teken dat hulle tot inkeer gekom het en so vergifnis van sonde ontvang het#1:4 Grondteks terwyl hy die doop van bekering tot vergifnis van sonde preek.. 5Skares mense van Jerusalem en van oor die hele Judea het na Johannes toe gekom, en nadat hulle hulle sondes bely het, het hy hulle in die Jordaanrivier gedoop.
6Johannes se klere was van kameelhaar en hy het ’n leerbelt om sy middel gedra. Hy het van sprinkane en veldheuning gelewe. 7Hy het aangekondig: “Daar kom Iemand ná my wat belangriker is as ek – soveel belangriker dat ek nie eers werd is om soos ’n slaaf te buk en sy sandale los te maak nie. 8Ek het julle met#1:8 Of in. water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop.”
Jesus word deur Johannes gedoop
9Ongeveer daardie tyd het Jesus van Nasaret in Galilea af gekom en is Hy deur Johannes in die Jordaanrivier gedoop. 10Dadelik toe Jesus uit die water opstaan, sien Hy hoe die hemel oopgaan en die Heilige Gees soos ’n duif na Hom toe afkom. 11En ’n stem uit die hemel het gesê: “Jy is my geliefde Seun. Jy is ’n kind so na my hart.#1:11 Grondteks Oor Hom verheug Ek My.
Jesus word deur Satan versoek
12Dadelik hierna het die Heilige Gees Jesus na die woestyn laat gaan. 13Hy was daar vir 40 dae terwyl Hy deur Satan versoek is. Hy was daar saam met die wilde diere, en engele het Hom versorg.
Jesus maak vissers sy eerste dissipels
14Later, nadat Johannes gearresteer is, het Jesus na Galilea toe gegaan om God se Goeie Nuus aan te kondig. 15Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek. God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin! Kom tot inkeer en glo die Goeie Nuus!”
16Op ’n dag terwyl Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy hoe Simon en sy broer Andreas hulle visnette in die see uitgooi, want hulle was vissers van beroep. 17Jesus het na hulle geroep: “Kom, word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak!” 18En hulle het dadelik hulle nette gelos en saam met Hom gegaan.
19’n Entjie verder langs die strand het Jesus die twee seuns van Sebedeus, Jakobus en Johannes, in ’n skuit gesien terwyl hulle besig was om hulle nette heel te maak. 20Hy het hulle ook geroep, en dadelik het hulle hulle pa en sy werksmense net so gelos en saam met Jesus gegaan.
Jesus genees iemand met ’n onrein gees
21Jesus en sy dissipels het in Kapernaum aangekom. Op die Sabbatdag het Hy dadelik na die sinagoge toe gegaan en Hy was besig om daar onderrig te gee. 22Hulle was verbaas oor sy onderrig, want Hy het onderrig gegee soos iemand met ware gesag – heeltemal anders as die skrifkenners.
23Skielik was daar in hulle sinagoge ’n man met ’n onrein gees wat begin uitroep: 24“Los ons uit, Jesus van Nasaret! Het jy gekom om ons te vernietig? Ek ken jou – jy is die Heilige van God!” 25Maar Jesus het hom bestraf en beveel: “Bly stil, en gaan uit hom uit!”
26Daarop het die onrein gees hom stuiptrekkings laat kry, hard geskreeu en uit hom uitgegaan.
27Hulle was almal verstom en het mekaar opgewonde begin uitvra: “Wat gaan hier aan? Watter nuwe soort lering is dit hierdie? Dit het soveel gesag! Selfs onrein geeste luister na sy opdragte!”
28Die nuus oor wat Jesus gedoen het, het dadelik deur die hele omgewing van Galilea versprei.
Jesus maak Petrus se skoonma en baie ander siekes gesond
29Nadat Jesus en sy dissipels uit die sinagoge gekom het, het hulle dadelik na die huis van Simon en Andreas gegaan. Jakobus en Johannes was ook by hulle. 30Simon se skoonma was siek in die bed vanweë ’n hoë koors. Hulle het dadelik vir Jesus van haar vertel. 31Hy het toe na haar bed toe gegaan, haar hand gevat en haar opgehelp. Die koors was weg en sy het vir hulle ’n ete voorberei.
32Teen sononder daardie aand is baie siekes en mense wat onder die mag van bose geeste was, na Hom gebring. 33Die hele Kapernaum het by die deur saamgedrom om alles te sien. 34Jesus het baie siekes met allerlei kwale gesond gemaak en baie bose geeste uit die mense gedryf, maar omdat hulle geweet het wie Hy is, het Hy hulle die swye opgelê.
Jesus preek deur die hele Galilea
35Nog voor dagbreek die volgende oggend het Jesus opgestaan en alleen op ’n stil plek gaan bid. 36Later het Simon en die ander mense by hom agter Jesus aan gegaan 37en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: “Almal vra na U.”
38Jesus het egter geantwoord: “Ons moet ook nog verder gaan na die omliggende dorpe sodat Ek ook daar kan preek. Dit is immers waarvoor Ek gekom het.”
39So het Hy dan deur die hele Galilea in hulle sinagoges gepreek en bose geeste uitgedryf.
Jesus maak ’n melaatse man gesond
40’n Man met ’n ernstige velsiekte het na Hom toe gekom, voor Hom gekniel en Hom gesmeek met die woorde: “As U wil, kan U my gesond maak#1:40 Grondteks rein maak. Mense met ernstige velsiektes was sosiaal en kulties onrein..” 41Jesus het hom innig jammer gekry, sy hand uitgesteek en hom aangeraak met die woorde: “Ek wil dit vir jou doen. Word gesond#1:41, 42 Grondteks gereinig.!” 42Net daar het die ernstige velsiekte verdwyn – die man was gesond#1:41, 42 Grondteks gereinig.. 43Jesus het hom toe dadelik weggestuur nadat Hy hom ernstig aangespreek het met die woorde: 44“Sorg dat jy met niemand langs die pad praat nie. Gaan reguit na die priester. Laat hy jou ondersoek. En bring die offer wat die wet van Moses vereis vir ernstige velsiektes wat genees is. So sal almal ’n duidelike bewys hê van jou genesing.”
45Maar die man het weggegaan en die nuus van wat met hom gebeur het, oral versprei. Gevolglik het soveel mense Jesus begin omring dat dit vir Hom onmoontlik geword het om openlik in enige dorp in te gaan. Hy moes buite in afgeleë plekke bly. Tog het mense steeds van oral na Hom toe gekom.

Currently Selected:

MARKUS 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy