YouVersion Logo
Search Icon

LEVITIKUS 6

6
Sonde waarvoor daar ’n skuldoffer nodig is
1En die Here het aan Moses gesê: 2“Sê nou maar iemand sondig teen die Here deur valslik vir sy buurman te vertel dat iets wat aan hom toevertrou is, verlore geraak het of gesteel is.
“Of sê nou maar iemand was oneerlik met iets wat in veilige bewaring vir hom gegee is, of hy het iets gevat deur dit te steel of af te pers.
3“Of sê nou maar iemand vind ’n verlore item en lieg daaroor, of iemand ontken iets onder eed, of hy sondig deur iets soortgelyks te doen. 4As iemand op so ’n manier gesondig het en skuldig is, moet hy dit wat hy deur diefstal of afpersing gevat het, teruggee. Dit geld ongeag of dit iets in veilige bewaring was, of eiendom wat aan iemand toevertrou was, of ’n verlore item wat mense as hulle eie sou opeis, 5of enigiets wat verkry is deur ’n vals eed af te lê. Wanneer hulle besef hulle is skuldig, moet hulle die volle bedrag plus ’n bykomende heffing van twintig persent teruggee aan die persoon wat benadeel is. 6Hy moet dan ’n skuldoffer vir die priester bring, wat dit dan aan die Here sal gee. Hierdie skuldoffer moet ’n ram sonder enige liggaamsgebrek wees of die dier se waarde in silwer.
7“Die priester sal dan voor die Here versoening bewerk en so sal hy vergewe word.”
Verdere instruksies vir die brandoffer
8Toe het die Here vir Moses gesê: 9“Gee vir Aäron en sy seuns die volgende instruksies oor die brandoffer. Die brandoffer moet op die altaar bly tot die volgende môre. Die altaarvuur moet die hele nag deur bly brand. 10Die volgende môre moet die priester aan diens sy spesiale linneklere aantrek. Hy moet dan die as van die brandoffer wegneem en dit langs die altaar neersit. 11Dan moet die priester weer sy gewone klere aantrek en die as na die buitekant van die kamp toe dra na ’n plek wat daarvoor afgesonder is. 12Intussen moet die altaarvuur bly brand; dit mag nie uitbrand nie. Die priester moet elke oggend hout op die vuur gooi en die daaglikse brandoffer daarop sit. Hy moet dan die vet van die maaltydoffer bo-op die daaglikse brandoffer verbrand. 13Onthou, die vuur op die altaar moet te alle tye bly brand. Dit mag nooit uitbrand nie.”
Verdere instruksies vir die graanoffer
14“Dit is die instruksies vir die graanoffer. Aäron se seuns moet hierdie offer vir die Here voor die altaar bring. 15Die priester aan diens sal ’n hand vol meel vat, met olyfolie meng en dit sprinkel met wierook. Hy sal ’n verteenwoordigende deel hiervan op die altaar verbrand. Dit sal baie aangenaam vir die Here wees. 16Nadat hierdie deel van die meel verbrand is, kan Aäron en sy seuns die res van die meel gebruik. Dit moet egter sonder suurdeeg gebak word en op ’n heilige plek in die voorhof van die tent van ontmoeting#6:16 Of tabernakel. geëet word.
17“Onthou, die meel mag nie met suurdeeg gaargemaak word nie. Ek gee dit aan die priesters as hulle deel van die vuuroffers wat vir My gebring word. Dit is ’n besonder heilige offer, net soos die sonde-offer en die skuldoffer. 18Enigeen van Aäron se manlike afstammelinge mag in elke geslag van die graanoffer eet. Dit is ’n vaste instelling. Dit is vir altyd hulle deel van die vuuroffers wat aan die Here gegee word. Wie of wat ook al aan hierdie kos raak, moet geheilig wees.”
Prosedure vir die offer by die salwing van die hoëpriester
19En die Here het vir Moses gesê: 20“Op die dag waarop Aäron en sy seuns gesalf word, moet hulle ’n graanoffer vir die Here bring: twee kilogram meel, die een helfte vir die offer in die oggend, die ander helfte vir die offer in die aand. 21Dit moet met olyfolie op ’n plaat gebraai word en dit moet in stukkies gebreek word. Dit is die graanoffer wat jy moet bring. Dit sal aangenaam vir die Here wees. 22Soos wat die seuns hulle vaders as hoëpriesters opvolg, moet hulle in hulle amp bevestig word deur hierdie offer te bring op die dag waarop hulle gesalf word. Dit is die Here se deel en moet heeltemal verbrand word. 23Elke graanoffer van die priester moet heeltemal verbrand word. Niks van die meel mag geëet word nie.”
Verdere instruksies vir die sonde-offer
24Toe het die Here vir Moses gesê: 25“Gee vir Aäron en sy seuns verdere instruksies oor die sonde-offer. Die dier wat as sonde-offer gegee word, is besonder heilig en moet in die teenwoordigheid van die Here geslag word op die plek waar die brandoffers geslag word. 26Die priester wat die offer bring, mag sy deel op ’n heilige plek in die voorhof van die tent van ontmoeting#6:26, 30 Of tabernakel. eet. 27Wie of wat ook al aan die offervleis raak, moet geheilig wees. As daar van die offerbloed op iemand se klere spat, moet dit op ’n heilige plek uitgewas word. 28As ’n kleipot gebruik word om die offervleis in te kook, moet dit daarna gebreek word. As ’n bronspot gebruik word, moet dit weer geskuur en goed met water uitgespoel word. 29Net mans in die familie van die priester mag van die offervleis eet, want dit is heilig. 30Wanneer die bloed van die sonde-offer in die tent van ontmoeting#6:26, 30 Of tabernakel. ingebring word om daarmee versoening te bewerk in die heiligdom, mag niks van die offerdier se vleis geëet word nie. Dit moet heeltemal verbrand word.”

Currently Selected:

LEVITIKUS 6: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy