YouVersion Logo
Search Icon

LEVITIKUS 4

4
Die sonde-offer
1Toe het die Here vir Moses gesê: 2“Sê vir die Israeliete: Wanneer hulle onopsetlik sondig deur iets te doen wat die Here in sy gebooie verbied het, moet hulle soos volg optree.
3“As die hoëpriester sondig en so die hele volk skuldig maak, moet hy ’n jong bul sonder liggaamsgebrek vir die Here bring. 4Hy moet die bul vir die Here by die ingang van die tent van ontmoeting#3:2, 8, 13; 4:4, 5, 7, 14, 16 Of tabernakel. bring, dan moet hy sy hand op die kop van die bul lê en dit daar in die teenwoordigheid van die Here slag. 5Die hoëpriester moet van die bloed van die bul in die tent van ontmoeting#3:2, 8, 13; 4:4, 5, 7, 14, 16 Of tabernakel. invat, 6sy vinger in die bloed steek en dit sewe keer in die teenwoordigheid van die Here teen die gordyn van die Allerheiligste sprinkel. 7Die priester sal dan van die bloed op die horings van die wierookaltaar in die teenwoordigheid van die Here in die tent van ontmoeting#3:2, 8, 13; 4:4, 5, 7, 14, 16 Of tabernakel. smeer. Die res van die bul se bloed moet teen die onderkant van die brandofferaltaar by die ingang van die tent van ontmoeting uitgegooi word. 8Die priester moet vervolgens alle vet verwyder rondom die binnegoed van die bul, 9die twee niere met die vet rondom en ’n deel van die lewer. 10Dit moet hy op die brandofferaltaar verbrand, net soos wat met die bul of koei vir die maaltydoffer gedoen word. 11Maar die res van die bul – sy vel, vleis, kop, pote, binnegoed en mis – 12moet weggevat word na ’n afgesonderde plek buite die kamp, die plek waar die as gegooi word. Hy sal dit alles in ’n houtvuur op die ashoop verbrand.
13“As die hele gemeenskap van Israel iets doen wat deur die Here verbied word en dit ontgaan die gemeenskap, is almal skuldig. 14Wanneer hulle hulle sonde agterkom, moet die leiers van die gemeenskap ’n jong bul as ’n sonde-offer na die ingang van die tent van ontmoeting#3:2, 8, 13; 4:4, 5, 7, 14, 16 Of tabernakel. bring. 15Die leiers moet dan hulle hande op die kop van die bul lê en dit daar in die teenwoordigheid van die Here slag. 16Die hoëpriester sal van die bloed na die tent van ontmoeting#3:2, 8, 13; 4:4, 5, 7, 14, 16 Of tabernakel. toe neem, 17sy vinger in die bloed steek en dit sewe keer in die teenwoordigheid van die Here teen die gordyn sprinkel. 18Hy sal van die bloed op die horings van die wierookaltaar in die teenwoordigheid van die Here in die tent van ontmoeting#4:18 Of tabernakel. smeer. Die res van die bloed moet teen die onderkant van die brandofferaltaar by die ingang van die tent van ontmoeting uitgegooi word. 19Die priester moet al die vet van die dier uitsny en dit op die altaar verbrand, 20soos met die sonde-offer vir die priester gedoen word. Op dié manier sal die priester versoening doen vir die volk en hulle sal vergewe word. 21Die priester moet dan dit wat van die bul oor is na die buitekant van die kamp toe vat en dit daar verbrand, net soos gedoen word met die sonde-offer van die hoëpriester. Dit is die sonde-offer vir die hele gemeenskap van Israel.
22“As een van Israel se leiers iets doen wat deur die Here sy God verbied word, is hy skuldig selfs al het hy dit onopsetlik gedoen. 23Sodra hy bewus word van sy sonde, moet hy ’n bokram sonder liggaamsgebrek as offer bring. 24Hy moet sy hand op die bok se kop lê en dit in die teenwoordigheid van die Here slag by die plek waar brandoffers geslag word. Dit is sy sonde-offer. 25Die priester sal dan sy vinger in die bloed van die sonde-offer steek, dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer en die res teen die onderkant van die altaar uitgooi. 26Hy moet al die vet van die bok op die altaar verbrand, net soos wat met die maaltydoffer gemaak word. Op dié manier sal die priester vir die sonde van die leier versoening doen en sal hy vergewe word.
27“As enige burger van Israel#4:27 Of volk van die land. iets doen wat deur die Here verbied word, is hy skuldig selfs al sondig hy onopsetlik. 28As hulle bewus word van hulle sonde, moet hulle ’n bokooi sonder gebrek as ’n offer bring. Die bok sal dan vir hulle sonde geoffer word. 29Hulle moet hulle hand op die kop van die sonde-offer lê en dit slag op die plek waar die brandoffer geslag word. 30Die priester sal dan sy vinger in die bloed steek en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer en die res van die bloed teen die onderkant van die altaar uitgooi. 31Hy sal die vet van die bok verwyder, net soos wat met die maaltydoffer gemaak word. Dan sal hy die vet op die altaar verbrand en dit sal vir die Here aangenaam wees. So sal die priester vir hulle versoening doen en hulle sal vergewe word.
32“As enigeen van die volk ’n skaap as ’n sonde-offer bring, moet dit ’n skaapooi sonder liggaamsgebrek wees. 33Hy moet sy hand op die kop van die sonde-offer lê en dit slag op die plek waar die brandoffers geslag word. 34Die priester sal dan sy vinger in die bloed steek en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer en die res van die bloed teen die onderkant van die altaar uitgooi. 35Dan word al die vet van die skaap verwyder, net soos wat met die maaltydoffer gedoen word. Die priester verbrand die vet op die altaar bo-op die vuuroffers vir die Here. Op dié manier sal die priester versoening doen vir hulle en hulle sal vergewe word.”

Currently Selected:

LEVITIKUS 4: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy