YouVersion Logo
Search Icon

JOB 17

17
1“My gees is gebreek,
my dae word kort.
Die graf wag vir my.
2Spotters omring my.
Ek sien hoe hulle my tart.
3“Verdedig my onskuld,
o God,
want niemand anders
kom op vir my nie!
4U sluit hulle verstand
vir begrip.
Laat hulle nie triomfeer nie.
5Hulle verraai hulle vriende
tot hulle eie voordeel,
maar hulle eie kinders
vergaan van ellende.
6“God maak ’n bespotting van my
tussen die mense.
Hulle spoeg my in die gesig.
7My oë is dof gehuil,
en ek is net maar ’n skadu
van my ou self.
8Die opregtes is geskok
as hulle my sien.
Die onskuldiges kom in opstand
teen die goddelose mense.
9Die regverdiges se pad
loop reguit vooruit,
dié met ’n opregte hand
sal sterker en sterker word.
10“Kom probeer julle
nou maar weer!
Ek kon nie ’n enkele mens
met insig onder julle kry nie.
11My dae is verby.
My planne het verdwyn.
My hartsbegeertes is gebreek.
12Hierdie mense
maak van die nag dag,
hulle sê in die donker
dat die lig naby is.
13Eintlik wil ek maar net sterf.
Ek wil in die nag van die graf
gaan rus.
14Die graf is my pa,
en die wurm
my ma en my suster.
15Maar waar is my hoop dan?
Kan iemand dit vind?
16Nee, my hoop gaan saam met my
na die graf.
Saam sal ons rus in die stof.”

Currently Selected:

JOB 17: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy