YouVersion Logo
Search Icon

JEREMIA 45

45
’n Belofte aan Baruk
1Jeremia het ’n boodskap vir Baruk seun van Nerija gegee. Dit was in die vierde jaar wat Jojakim seun van Josia koning van Juda was. Dit was net nadat Baruk alles neergeskryf het wat Jeremia vir hom dikteer het. Hy het gesê: 2“Baruk, die Here, die God van Israel, sê: 3Jy het gesê: ‘Dit is klaarpraat met my! Ek kry alreeds so swaar en dan maak die Here my pyn net nog meer. Ek is al so moeg van my eie gesug, ek kan net nie rus vind nie.’
4“Sê vir hom die Here sê: Ek is nou besig om hierdie volk af te breek wat Ek opgebou het. Wat Ek geplant het, gaan Ek ontwortel. So sal dit oor die hele land gebeur. 5Het jy die ambisie om ver in die lewe te kom? Moet dit liewer nie hê nie! Ek bring onheil oor alle mense, sê die Here. Maar Ek sal jou lewe bewaar, waar jy ook al gaan.”

Currently Selected:

JEREMIA 45: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy