YouVersion Logo
Search Icon

JESAJA 48

48
God se hardkoppige volk
1“Luister na My,
afstammelinge van Jakob
wat Israel genoem word,
wat voortkom uit Juda,
julle wat sweer
in die Naam van die Here,
en die God van Israel aanroep,
maar nie in waarheid
of regverdigheid nie.
2Julle noem julleself inwoners
van die heilige stad,
wat vertrou op die God van Israel.
Die Here, die Almagtige,
is sy Naam:
3Wat vroeër gebeur het,
het Ek lank gelede al
vooruit gesê.
Met my mond het Ek
dit aangekondig
en dit bekendgemaak.
Toe het Ek opgetree,
en skielik het dit gebeur.
4Ek weet hoe hardkoppig julle is,
eiesinnig soos yster,
met ’n kop so hard
soos ’n stuk brons.
5Daarom het Ek lank gelede al
gesê wat Ek gaan doen.
Voordat dit gebeur,
het Ek dit al bekendgemaak,
sodat julle nie kan sê nie:
‘My afgode het dit gedoen.
My houtbeelde en metaalbeelde
het dit laat gebeur.’
6Julle het alles gehoor.
Julle kon dit self sien.
Sal julle dit nie nou erken nie?
Daarom gaan Ek nou nuwe dinge
aan julle openbaar,
geheime waarvan julle nie weet nie.
7Dis splinternuwe dinge
wat voorheen nie daar was nie,
waarvan julle voor vandag
nie gehoor het nie.
Nou sal julle nie kan sê:
‘Natuurlik het ek dit geweet’ nie.
8Julle het niks daarvan gehoor
of dit verstaan nie.
Want Ek weet hoe verraderlik
julle optree.
Van geboorte af
was julle as rebelle bekend.
9Tog sal Ek ter wille van Myself
my woede bedwing.
Ter wille van my Naam
sal Ek my woede terughou
sodat julle nie uitgewis word nie.
10Ek het julle gelouter,
maar nie soos silwer nie.
Ek het julle gelouter
in die smeltkroes van lyding.
11En Ek sal julle red.
Ter wille van Myself,
ja, Myself, doen Ek dit.
Hoe kan Ek toelaat dat my Naam
oneer aangedoen word?
Aan niemand anders
sal Ek my eer gee nie.”
Verlos van Babel
12“Luister mooi, Jakob,
Israel, vir wie Ek geroep het.
Ek alleen is God,
die Eerste en die Laaste.
13Dit was my hand
wat die aarde se fondamente
gelê het.
Met my regterhand
het Ek die hemelkoepel gespan.
Ek het beveel,
en hulle het tot stand gekom.”
14Kom julle nou almal saam,
en luister.
Wie van julle gode het vooruit gesê
wat nou gaan gebeur?
Die Here het iemand uitgekies.
Hy gaan hom gebruik
om ’n einde aan Babel te maak
en die Babiloniërs te verslaan.
15“Ek, ja, Ek het dit gesê.
Ek het hom geroep.
Ek het hom laat kom.
Hy sal suksesvol wees
in wat hy moet doen.
16“Staan nader aan My
en luister.
Van die begin af
het Ek nie in die geheim
gepraat nie.
Wanneer iets gebeur,
dan is Ek daar.”
Nou het die oppermagtige Here
my deur sy Gees gestuur.
17Nou sê die Here,
jou Redder,
die Heilige van Israel:
“Ek is die Here jou God
wat jou leer wat vir jou goed is.
Ek lei jou op die pad
waarop jy moet loop.
18As jy maar net na my gebooie
geluister het!
Dan sou jou vrede
soos ’n rivier gewees het,
en jou geregtigheid
soos die golwe van die see.
19Jou nageslag sou dan so talryk
soos sand gewees het,
en jou nakomelinge
so baie soos sandkorrels.
Hulle name sou nooit uitgewis
en uitgeroei word nie.”
20Maar vlug nou uit Babel.
Vlug weg van die Galdeërs!
Kondig dit aan met gejubel,
maak dit bekend.
Laat dit weerklink
tot aan die eindes van die aarde.
Sê: “Die Here
het sy dienaar Jakob verlos.”
21Hulle het nie dors geword
toe Hy hulle deur die woestyn
gelei het nie.
Hy het vir hulle water
uit ’n rots laat kom.
Hy het die rots gekloof
en water het uitgestroom.
22“Maar vir bose mense,” sê die Here,
“is daar geen vrede nie.”

Currently Selected:

JESAJA 48: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy