YouVersion Logo
Search Icon

HOSEA 5

5
Die regsaak teen al die leiers
1“Luister hier, julle priesters! Gee aandag, leiers van Israel! Hoor hier, lede van die koningshuis! Hierdie oordeel is oor julle: Julle is gedoem! Want julle het in Mispa ’n strik gestel en in Tabor ’n vangnet gespan waardeur die volk tot afgodery verlei is. 2In Sittim het julle ’n diep vanggat gegrawe.#5:2 Grondteks se betekenis is onduidelik. Maar wees gewaarsku! Ek gaan met julle almal afreken oor julle dade. 3Ek ken jou, Efraim! Israel kan nie vir My wegkruip nie! Jy het My verlaat soos ’n prostituut haar man los. Jy is onrein. 4Julle optrede verhinder julle om terug te kom na julle God toe. ’n Gees van ontug is in julle midde soos met ’n prostituut. Daarom ken julle nie die Here nie.#5:4 Of Daarom is hulle nie aan die Here toegewy nie.
5“Die verwaandheid van Israel getuig teen hom. Israel en Efraim sal onder die vrag van skuld struikel. Ook Juda sal saam met hulle val. 6Dan sal hulle uiteindelik met hulle kleinvee en grootvee kom om dit aan die Here te offer. Maar dit sal te laat wees! Hulle sal Hom nie kry nie, want Hy het Hom aan hulle onttrek. Hulle is nou alleen. 7Hulle was ontrou aan die Here deur kinders te verwek wat nie Syne is nie. Nou sal hulle elke maand saam met hulle landerye verslind word.
8“Blaas die ramshoring in Gibea, die trompet in Rama! Maak alarm in Bet-Awen#5:8a Bet-Awen beteken Huis van skande en is ’n skeldnaam vir Bet-El (Huis van God).! Benjamin#5:8b In die agtste eeu vC was Benjamin deel van Juda. is agter jou aan! 9Een ding is seker, stamme van Israel#5:9, 14 Grondteks Efraim, wat na die Noordryk verwys.: Wanneer jou dag van afrekening kom, sal jy verwoes word.
10“Die leiers van Juda het Israel soos diewe van hulle grond beroof#5:10 Grondteks Juda is soos dié wat grenslyne verlê.. Daarom sal Ek my toorn soos ’n watervloed oor hulle uitgiet. 11Efraim is verdruk; in die oordeel is hy verpletter omdat hy volgehou het om nikswerd afgode te dien.
12“Ek is vir Efraim soos ’n gewas en vir Juda soos ’n verrotting. 13Toe Israel besef hy is siek en Juda sy sweer sien, het Israel hulp gaan soek by Assirië. Hy het iemand na die groot koning#5:13 Of na koning Jareb. gestuur. Maar hy kan julle nie gesond maak of die sweer genees nie. 14Ek is soos ’n leeu wat Israel#5:9, 14 Grondteks Efraim, wat na die Noordryk verwys. en Juda uitmekaarskeur. Ek sal hulle wegdra, en daar sal niemand wees wat hulle kan red nie. 15Dan sal Ek terugkeer na my plek toe totdat hulle hulle skuld bely en na My opsien vir hulp. Sodra hulle moeilikheid het, dán sal hulle My soek.”

Currently Selected:

HOSEA 5: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy